Ons moet praat oor dienste

2016-07-14 06:00
Verouderde waterinfrastruktuur is die oorsaak van duisdende waterlekke op Despatch en Uitenhage. Dit lei ook daartoe dat pype bars en inwoners vir dae sonder water is.            Fotos heilie combrinck:

Verouderde waterinfrastruktuur is die oorsaak van duisdende waterlekke op Despatch en Uitenhage. Dit lei ook daartoe dat pype bars en inwoners vir dae sonder water is. Fotos heilie combrinck:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Oor sowat drie weke hou die land ’n plaaslike verkiesing. Munisipaliteite is dié deel van die regering waarmee ons as landsburgers die meeste te doen het.

Hulle is belangrik want hulle voorsien ons van paaie, riool en water.

Oor die algemeen voorsien hulle ons van elektrisiteit en verwyder ons rommel. Ons gebruik hul biblioteke, parke en dikwels hul klinieke. Hulle verskaf openbare vervoer en maak strate skoon.

In beter tye plant hulle Kersbome en hang liggies op vir die Kersseisoen.


) Dit kos al hoe meer met nog meer mense wat verbind word


Al het munisipaliteite en Eskom 4,3 miljoen meer mense (verbruikerseenhede in amptelike taal) aan die netwerk verbind van 12,2 miljoen in 2008 tot 16,5 miljoen in 2015, kom hierdie ongelooflike prestasie met ’n duur rekening.

Munisipale opbrengs het met 199% afgeneem terwyl bedryfsuitgawes met 152% gestyg het. In vergelyking het die nominale bruto binnelandse produk (BBP) met net 29% in daardie tyd gestyg.

Die bedryfsuitgawes van plaaslike regerings het van 4,7% van die BBP tot 9,2% van die BBP in ’n baie kort sewe jaar gestyg.

Ja, die getal huishoudings wat deur munisipaliteite aan die netwerk verbind is, het met bykans 38% gestyg en waterverbindings het ook toegeneem, maar die koste vir dienste deur grootmaatverskaffers soos Eskom het ook gestyg.

Dié finansiële druk op munisipaliteite is nou oorgedra na die verbruiker en sakeondernemings wat nou sukkel om vir die dienste te betaal.

In werklikheid kan meer as R86 miljard as slegte skuld beskou word uit die totale uitstaande bedrag van R107 miljard. Dit is ondanks die meer as R10 miljard wat afgeskryf is elke jaar vir die afgelope vier jaar.

Die totale skuld wat deur Suid-Afrikaanse munisipaliteite afgeskryf word, is waarskynlik dieselfde as die steeds uitstaande slegte skuld.

Bogenoemde is gelyk aan die volgende vergelyking: as munisipaliteite al die geld wat aan hulle verskuldig is insamel, sal daar vir die volgende vier jaar nie tariefverhogings wees nie.

Die grootste probleem is egter dat ons verkiesing hier is en niemand – nie ’n enkele groot politieke party – het gesê dat hulle ons geld beter gaan gebruik en munisipale koste gaan verlaag nie.

Hulle wil natuurlik almal meer dienste lewer, maar wil nie die prys verlaag sodat ons dit kan bekostig nie.

Die groot styging in tariewe en belasting op ’n plaaslikeregeringsvlak het baie meer druk op Suid-Afrikaners geplaas en hoewel ’n mens kan aanvoer dat meer mense water en ligte het, het die finansiële druk baie meer gestyg as die dienste wat gelewer is.


) Gehalte is dikwels nie eens in die syfers ingereken nie


Maar soos ons almal weet, is die probleem nie net hoeveel families van water voorsien word of hoeveel kilometer se paaie verskaf word nie – dit gaan ook oor die gehalte van die diens.

Die gehalte van dienste word nie so goed gemeet nie en dit is algemeen bekend dat munisipaliteite water verloor. In sommige gevalle tot soveel as 40%.

Elektrisiteit word gesteel en verbruikers het slegte skuld omdat hulle nie kan bekostig om vir al hierdie dinge te betaal nie.

Busse word gebrand en hulle word nie herstel nie, wat passasiers gestrand gelaat.

Rioolpype word geblokkeer en dit duur weke voor dit herstel is.

Inbelsentrums se telefone word nie geantwoord nie en daarmee saam is die publiek in ’n slegte bui.

Selfs sakeondernemings kyk na tariewe en die volhoubaarheid van plaaslike regerings want hulle weet hulle gaan óf uitgebuit word óf diensvlakke gaan daal wanneer dié regerings probleme ervaar.

Sommige munisipaliteite het nie meer water of geld vir krag nie. Dit is omdat die goue gans besig is om op plaaslike vlak dood te gaan.

Ek het gehoor hoe sakemense vertel hoe ander hul deure saggies toegemaak het, óf na ’n ander dorp getrek het óf bloot ’n plan gemaak het om nie munisipale dienste te gebruik nie.

Oor die algemeen is die meeste munisipaliteite buite die groot metro’s onder erge finansiële druk en word nog meer onbruikbaar omdat hul inwoners nie meer vir dienste betaal nie, infrastruktuur nie herstel word nie en diensteverskaffers nie betaal word nie.

’n Mens hoor die spanning in plaaslike sakekamers en ondernemings voel magteloos.

Selfs die sakekamers in metro’s kla gereeld oor die hoë tariewe en baie swak diens. Hulle is gelukkig, want in baie dorpe is die gesegde: “Jy kan nie oor die water kla nie, want daar is niks nie.”

Ons gaan ’n groot ingryping op plaaslike vlak nodig hê om diensvlakke terug te kry en teen billiker pryse. Teen bykans 10% van ons BBP kort dié deel van regering waarmee ons die meeste te doen kry, ’n dringende herstel.

Plaaslike regerings verskaf soveel dienste en ons het optrede nodig wat die vermoë en doeltreffendheid van hierdie vlak van die regering verhoog.

Ek reis baie deur die land waar ek met sakeondernemings en organisasies praat en ek hoor hul frustrasie en radeloosheid.

Die werkloosheid in landelike gebiede kan baie vererger as die dorpe nie dienste teen billike pryse kry nie.


) ’n Paar idees om die situasie te hanteer


Daar moet meer mag aan die ouditeur-generaal gegee word om oortreders te vervolg.

Daar moet onmiddellik meer geld en ’n afdeling om dienste en betalings aan plaaslike regerings te ondersoek, aan die Verbruikersraad gegee word.

Konstante diensleweringprobleme wat maklik is om reg te maak, moet aan ander diensverskaffers gegee word en betaling daarvoor moet van die munisipaliteit geëis word.

Hierdie uitgawes, indien hulle herhaal word, moet lei tot billike sanksies teen munisipale amptenare.

Betaling aan sakeondernemings moet binne 30 dae gedoen word. Indien dit nie binne 60 dae volgens ’n wettige kontrak betaal word nie, kan ’n hof, soos die hof vir klein eise maar met meer mag, oortreders eerstens straf en daarna afdank indien dit herhaaldelik gebeur.

Amptenare en raadslede moet puntekaarte kry waartoe die publiek minstens elke twee jaar toegang het. Hierdie punte moet uit kwaliteitsaanwysers saamgestel word.

Wanneer die publiek weer stem, gaan hulle ’n goeie idee hê wie om voor te stem gebaseer op diensleweringsaanwysers.

  • Mike Schüssler is ’n ekonoom van Economists.co.za en vorige wenner van Sake se Ekonoom van die Jaar-wedstryd.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.