ons sê baie, baie dankie, ons sê baie baie dankie...

2017-10-12 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HOOG in die lug - hoe hoog? Dit is nog ’n hele ent - hoe vér?

Sestien graad 7-leerders van die Laerskool Jeffreysbaai het vanaf 22 September tot 24 September ’n opvoedkundige avontuurkamp in Tsitsikamma bygewoon.

Die naweek het met ’n heerlike ete in Jeffreysbaai afgeskop, gevolg deur ’n melkskommel en fotosessie uit toeka-se-dae by Marilyn’s 60’s Diner in Stormsrivier Village.

Terug by Tsitsikamma Falls Adventures, was dit tyd vir ’n heerlike braai voor leerders vir die nag gaan inkruip het.

Die Saterdag het op ’n hoë - baie hoë - noot afgeskop: met hul hoogtevrees stewig weggepak, het leerders die 216m hoë brug by Face Adrenalin/ Bloukrans Bungee aangepak.

Uitstappies na Monkey Land, Birds of Eden en Jukani het vir prettige buitelugaktiwi-teite gesorg.

Na aandete het moeë leerders vroeg bedwaarts gekeer.

Die naweek is afgesluit met ziplyn by Tsitsikamma Falls Adventrues - die hoogtepunt van die kamp.

Elke leerder het sakgeld ontvang wat deur Ferrari Pub and Grub en die gemeenskap ingesamel is.

Dié opwindende kamp, aangebied deur Tsitsikamma Falls Adventures en Kouga Express, is moontlik gemaak deur Tsitsikamma Falls Adventures, Monkey Land, Birds of Eden, Jukani, Face Adrenalin/ Bloukrans Bungee, Pick ’n Pay Jeffreysbaai, Woodlands Dairy, Tsitsikamma Crystals, Marilyn’s 60’s Diner, Fountains Mall, BASF Port Elizabeth, Wavelands Caltex, asook plaaslike besighede en boere.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.