Ontevredenheid oor Bokke-bus van roete afwyk

2019-11-14 06:00
Ondersteuners het vanaf 08:00 by “Four Ways” op die Bokke gewag. Foto: Wesley Klue

Ondersteuners het vanaf 08:00 by “Four Ways” op die Bokke gewag. Foto: Wesley Klue

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Duisende Springbok-ondersteuners in Uit-enhage en dele van die Baai is ontevrede nadat die bus met die spelers die afgelope Sondag nie by die beplande roete gehou het nie.

Dié ondersteuners het vir ure met hul groen-en-goud ondersteuningsuitrustings en wapperende vlae die sagte reën en sterk wind trotseer, met die hoop om ’n paar sekondes van die Springbokrugbyspelers en Webb Ellis-trofee te sien.

Die parade, wat na verwagting deur die stad se noordelike voorstede, asook deur Rosedale in Uitenhage sou beweeg, het egter nie dié draaie gehaal nie.

David Goliath, ’n inwoner van Uitenhage wat saam met duisende ander by die bekende vierrigtingkruising in Rosedale gewag het, sê die teleurstelling is daar, maar hulle besef dit is nie die Bokke se skuld nie.

Hy plaas die skuld voor die deur van die metro se reëlingskomitee.

Te midde van dié ontevredenheid en teleurstelling het die Oostelike Provinsie Rugbyunie (Opru) geëis dat die Suid- Afrikaanse Rugbyunie (Saru) die parade moet terugbring na die stad en moet kom voltooi, al is dit met net ’n derde van die spelers.

Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, het in ’n verklaring gesê hy neem kennis van die inwoners se pleidooi oor die voorval.

“Ek was deur munisipale amptenare verseker dat hulle nie die besluit hiervoor gemaak het nie en dat alle relevante belanghebbendes ’n rol gespeel het gedurende die beplanningsfases.”

By Opru se kantoor moes André Rademan, president, en Thando Manana, bestuurshoof, Maandagoggend vure doodslaan toe die ontevredenheid na dié unie oorspoel.

Christian Martin, menseregteaktivis in die noordelike voor- stede, het vroegoggend Opru se hekke met ’n slot en ketting toegesluit en die ingang met sy motor versper om antwoorde van die unie te eis.

Hy glo Saru moet die toer kom voltooi, al ry die bus net in die gebiede waar hulle nie kon uitkom nie en al deel hulle net handtekeninge uit.

“Dit gaan oor meer as net dié gebiede. Jong seuns wat met hul hele harte hul helde wou sien, is van die geleentheid beroof.”

VERVOLG OP BL. 2

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.