Oos-Kaapse Boerboele slaag mooi

2016-05-05 06:00
Beverli Steenkamp, ’n keurder van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging, gister aan die werk in Uitenhage. Steven Davids se teef Lotter Lilly II het “geslaag” en sal voortaan as ’n geregistreede teelhond in die vereniging se register wees. Steenkamp is een van die land se topkeurders.  Foto: THEO JEPTHA

Beverli Steenkamp, ’n keurder van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging, gister aan die werk in Uitenhage. Steven Davids se teef Lotter Lilly II het “geslaag” en sal voortaan as ’n geregistreede teelhond in die vereniging se register wees. Steenkamp is een van die land se topkeurders. Foto: THEO JEPTHA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Meeste boerboeleienaars het lankal matriek geslaag, maar Maandag was dit hul honde se beurt om “eksamen te skryf”.

’n Totaal van 18 boerboele het by Hoërskool Brandwag aangemeld om deur Anemarí Pretorius en Beverli Steenkamp, twee van die land se topkeurders, gegradeer te word.

“Slegs boerboele wat ’n gradering van meer as 75% het, mag wettig vir boerboelteling gebruik word, want dit is hulle wat ’n sterk genepoel vir boerboele sal help bou,” het Jakkie Erasmus, streekbestuurder van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging (SABT), verduidelik.

Die evaluering van boerboele ouer as 12 maande geskied volgens 72 punte. Maar volgens Erasmus is daar drie hoofpunte waarop ’n boerboel al met die eerste oogopslag beoordeel word.

“As jy ’n boerboel op sowat 200 treë sien aankom en sy of haar kop is nie groot genoeg dat jy op daardie afstand kan sien dis ’n boerboel nie, is dit ongelukkig nie skoumateriaal nie.”

Ook moet die hond se struktuur indrukwekkend wees.

Laastens moet ’n hond se temperament goed wees. “Die hond moet vriendelik teenoor mense wees en rustig tussen vreemdelinge kan beweeg. Die eienaar moet ook volle beheer oor die hond kan uitoefen.”

Erasmus het ná die keuring trots aangekondig dat gister se “klas” ’n slaagsyfer van 100% behaal het en ’n gemiddelde van 84%.

Volgens Steenkamp, ’n keurder van die SABT, is dié gemiddelde uitstekend.

Die boerboel wat tans die hoogste in die land gegradeer is, staan op 97,8%. Maar Steenkamp sê die hoogste punt wat sy al ’n boerboel gegee het, is 93%.

“Aangesien daar voortdurend na die beste bloedlyn en genepoel vir boerboele gestreef word, moet daar ruimte vir groei en vordering gelaat word,” het Steenkamp gesê.

  • Die volgende boerboelgradering in die Oos-Kaap sal op 25 Junie op die Kirkwood-wildsfees plaasvind.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.