Opskop gee hupstoot aan tehuis

2019-04-11 06:01
=Despatch Opskop Fees het R10 000 oorhandig aan ACVV Huis Najaar. Van links is André van der Bank, Karina Pattinson, Belinda van der Bank, Annamarie van Heerden (Huis Najaar matrone) en Kotie Burger (ACVV Huis Najaar voorsitter).             Foto:BRIDGET TAYLOR

=Despatch Opskop Fees het R10 000 oorhandig aan ACVV Huis Najaar. Van links is André van der Bank, Karina Pattinson, Belinda van der Bank, Annamarie van Heerden (Huis Najaar matrone) en Kotie Burger (ACVV Huis Najaar voorsitter). Foto:BRIDGET TAYLOR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET honderde stoei-aanhangers om die kryt en meer as 3 000 feesgangers by die Despatch Opskop Fees, is die feesorganiseerders in hulle noppies oor die ondersteuning van super-plaaslike talent.

“Die XWE Rise of Champions stoei het die fees behoorlik met ’n bang laat afskop. Dit was ’n fees op sy eie en ons het net goeie terugvoering gekry. Oud en jonk, selfs tannies van Huis Najaar het dit vreeslik geniet,” sê Karina Pattinson, ’n organiseerder van die Despatch Opskop Fees.

“Ons is baie gelukkig met die ondersteuning, Saterdag is daar 3 019 besoekers deur die hekke. Die hoogtepunt was die Opskop Skouspel. Dit was ‘n belewenis om die 1 283 toeskouers te sien wat ons Oos-Kaap kunstenaars kom ondersteun het.

“Daar het soveel ure in die produksie gegaan en ek wil vir elke sanger, die klank- tegnikuste, al die borge en almal wat gehelp het sê julle is sterre!

“Baie dankie aan elkeen wat ons kom ondersteun het. Julle weet nie hoeveel dit vir ons beteken het nie,” sê Pattinson.

Die fees is aangebied om onder meer ACVV Huis Najaar op Despatch te ondersteun. ’n Oorhandiging van R10 000 is verlede Sondag aan die tehuis se bestuur gemaak.

Op die vraag of die organiseerders die fees weer volgende jaar gaan aanbied het Pattinson geantwoord: “Weer ‘n fees in die toe-koms? Hmm ...ons wil net eers so bietjie rus, maar ons beplan ‘n Country Skouspel vir 2020,” sê Pattinson.

Die Despatch Opskop Fees is by die Despatch Rugbyklub se velde aangebied en slegs Oos-Kaapse sangers het aan die Skouspel deelgeneem.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.