Ou hemde hou hande én honde besig

2019-05-23 06:00
<Miempie van Wyk, voorsitter van Helpende Hand Uitenhage-tak in die Ons Winkel by Bubbs-laan 10 met van die troeteldierspeelgoed wat uit ou T-hemde gemaak word.                                                Foto:HEILIE COMBRINCK

<Miempie van Wyk, voorsitter van Helpende Hand Uitenhage-tak in die Ons Winkel by Bubbs-laan 10 met van die troeteldierspeelgoed wat uit ou T-hemde gemaak word. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ou T-hemde wat bestem is vir die asdrom - het nou ’n nuwe funksie gekry - om hande én honde besig te hou!

Dit is danksy Helpende Hand Uitenhage-tak se Shekinah-werkskeppingsprojek wat geloods is om onder meer troeteldier-speelgoed uit dié ou stukke klere te maak.

“Ons praat regtig van hemde wat reguit op pad asdrom toe is en nie meer in ’n toestand is om deur enige iemand gedra te word nie,” sê Melinda Labuscagne, sameroeper van dié herwinningsprojek.

Volgens haar is die Shekinah-projek begin om mense uit die gemeenskap toe te rus met ervarings en vaardighede sodat hul selfvertroue kan opbou deur persoonlike ontwikkeling.

“So kan hul lewenskwaliteit verbeter en hul kan dit wat hulle geleer word met ander deel en selfs ’n inkomste daaruit verdien,” sê Labuscagne.

Volgens Miempie van Wyk, voorsitter Helpende Hand Uitenhage-tak, “is daar soveel mense wat hulp soek, maar eintlik beskik hulle oor voldoende vermoëns wat net nie ontwikkel is nie.

“Daarom help ons hulle om hul talente te ontwikkel en hoe om met die min wat jy het iets te kan maak wat vir iemand ander iets kan beteken of jy kan selfs ‘n geldjie maak met jou handewerk.”

Gesoek: ou T-hemde

Die ou T-hemde wat omskep word in troeteldierspeelgoed is een van dié projekte. Dit word opgesny en geknoop om speelgoed vir honde en katte te maak.

“Honde en katte speel te lekker met dié goed,” sê Van Wyk.

Die publiek word versoek om alle ou T-hemde, of dit nou vol gate of verf is, aan Shekinah te skenk.

“Dit maak nie saak of daar kolle op is en of dit vol gate is nie, want die materiaal word in repe gevleg en die honde en katte gaan regtig nie daaroor worry nie.”

  • Die ou T-hemde of selfs afvalstukke van T-hemp materiaal kan by Helpende Hand se Ons Winkel in Bubbslaan 10, Uitenhage af- gegee word. Vir meer inligting bel gerus vir Melinda by 073 498 4872.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.