Oud-Despatcher sterf in aanval

2017-02-02 06:02
=Marius Deyzel (62), wat Saterdagaand by die Maroupi-trouplek in KwaZulu-Natal doodgeskiet is, word as ’n “inspirerende, saggeaarde man” onthou.

=Marius Deyzel (62), wat Saterdagaand by die Maroupi-trouplek in KwaZulu-Natal doodgeskiet is, word as ’n “inspirerende, saggeaarde man” onthou.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Verlede week het sy broer ­Marius hom nog probeer oortuig om vir hom te kom kuier by die gewilde Maroupi-trouplek in Umhlali, KwaZulu-Natal – en toe kom die oproep met die skokkende nuus: Marius is langs die braaivleisvuur koel- bloedig doodgeskiet.

So het Eddie Deyzel vertel nadat Marius (62) Saterdagaand in ’n gewapende rooftog by sy huis by Maroupi doodgeskiet is.

Daar is vroeër berig dat vier gewapende mans Marius, eienaar van die trouplek, in die bors geskiet het.

Vier gaste, insluitend nóg ’n broer van Marius, André, het ten ­tyde van die voorval hier gebraai en is aangerand en vasgebind.

“Dit het alles omstreeks 21:00 gebeur en teen 21:45 het my broer Gert se dogter my gebel om die nuus oor te dra,” sê Eddie. “ ’n Mens het nie woorde vir dié tye nie. Marius was ’n fantastiese mens wat altyd goeie dinge vir ander probeer doen het.”

Eddie sê hy, Marius en hul vier ander broers – wat almal in Nelson Mandelabaai grootgeword het – was almal geheg aan mekaar. “Marius het sy ambag by Good­year in Uitenhage voltooi en die res van ons bly nog in Uitenhage, ­Despatch en Port Elizabeth. Hy is nou vier of vyf jaar al by Maroupi, maar ons was steeds gereeld in kontak. Verlede week het hy nog gevra wanneer ek weer kom kuier.”

Twee van hul broers, André en Willie, het juis verlede naweek by Marius gaan kuier. “André het elke oomblik beleef en wou help toe Marius gelê en bloei het, maar die aanvallers het gedreig om hom ook te skiet as hy dit doen.

“Willie was darem Saterdag in Umhlanga om by sy seun te kuier en Marius se vrou, Edith, was in Ladismith toe dit gebeur het. Albei het teruggejaag toe hulle die nuus hoor.”

Marius se kinders, ­Mariska en Gerrie, het Maandagoggend uit Kaapstad gevlieg om by die gesin te wees.

“’n Verassingsdiens word by die Maroupi-kapel gehou en ’n roudiens word op Dinsdag (7 Februarie) om 11:00 by NGK Despatch-Noord gehou.”

  • Marius is op Maroupi se Facebook-blad as “een van die inspirerendste mans op aarde” beskryf. “Hy was ’n saggeaarde siel vol lewe, ’n man, seun, pa, oupa en vriend wat liefde ontvang het van elkeen wat hy ontmoet het.

“Dit was ’n eer om hom te ken. God het ons werklik ’n engel gegee, maar nou het Hy hom terug huis toe geneem.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.