Oud-spoorwegpolisie hou reünie op Despatch

2019-01-24 06:01
;Hannes Slabbert by van sy SAS spoorwegpolisie-memorabilia in sy huis op Despatch. Foto:HEILIE COMBRINCK

;Hannes Slabbert by van sy SAS spoorwegpolisie-memorabilia in sy huis op Despatch. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TREINE ry nie meer soos hulle vroeër jare gery het nie en baie stasies is tot niet, maar die glorie van die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë leef nog voort in herhinneringe en vertellinge van oud-spoorwegpolisielede.

’n Reünie vir Suid-Afrikaanse Spoorweg Polisie word op 9 Februarie vanaf 09:30 by die Despatch Dienssentrum gehou.

Dit word gereël deur Hannes Slabbert (82) wat destyds as ’n brigadier uit dié polisie- diens getree het. Hy het terwyl hy in die spoorwegpolisie was, kruis-en-dwars oor die land en selfs in Namibië diens gedoen en 23 keer van huise verwissel. Op ’n stadium toe hy in Durban diens gedoen het was hy in beheer van 4 000 spoorwegpolisie-reserviste.

“Daar is nie baie van ons oor nie en manne gaan van regoor die land kom na dié reünie. Al wat op die program is, is kuier en nogmaals kuier. Natuurlik ook lekker eet,” sê Slabbert, wat in 1954 by die spoorwegpolisie aangesluit het.

“As ek so na die besprekings kyk lyk dit vir my ek gaan die oudste ou daar wees. Die oudste lewende Sporie, Lukas Beukes is 90, maar hy sal nie reünie toe kom nie. ‘Triplple J’ van Vuuren, ’n destydse kommissaris van die spoorwegpolisie, was die oudste lid op 97, maar hy is verlede jaar oorlede.”

Volgens Slabbert is die spoorwegpolisie destyds gestig omdat die gewone polisie nie dié diens ook kon behartig nie.

“In die 1950s het die Suid-Afrikaanse Spoorweë geblom en eenvoudig ontplof wat uitbreiding en werksvoorsiening betref. Daar was ’n stasie op omtrent elke dorp regoor die land en waar ’n stasie was, was daar spoorwegpolisie.

“Diefstal was groot. Later jare toe ek in die Baai ’n kaptein by die speuroffisiere was het ons ook heelwat moord- en bedrogsake gedoen,” sê Slabbert.

Maar bedrog en omkopery binne die spoorwegpolisiediens was in daardie jare ongeken.

“Daar was soveel dissipline. Kyk, waar dissipline wegval is daar nie orde nie. Destyds met ons opleiding by die depot in Kroonstad is dit in ons ingedril ... eerlikheid, eerlikheid, eerlikheid,” sê Slabbert.

Die spoorwegpolisie is in 1986 ontbind en die heel eerste spoorwegpolisie-reünie was in Port Elizabeth gehou in 1995. Dit is die derde reünie, sedert die diens beëindig is, wat eersdaags gehou word.

  • Vir meer inligting oor die reünie bel Hannes Slabbert by 041 933 4404 of 081 592 2528. Bevestiging van bywoning moet voor Woensdag, 30 Januarie gedoen word.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.