Ouers se toestemming nodig vir siektetoetse

2018-04-05 06:02
Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).Foto: Nelius Rademan, argief

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).Foto: Nelius Rademan, argief

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Skole kan leerlinge vir dwelms toets sonder die toestemming van hul ouers, maar hulle benodig die ouers se toestemming om leerlinge vir siektes te toets.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid- Afrikaanse Skole (Fedsas), sê skole sal inbreuk maak op leerlinge se privaatheid en liggaamlike integriteit as hulle vir siektes getoets word sonder die ouers se toestemming.

Hy het gereageer op die gebeure by die Laerskool Alfonso Arries in Booysenpark, Port Elizabeth, waar leerlinge op 22 Maart na bewering vir MIV/vigs getoets is sonder die ouers se toestemming.

Die leerlinge se ouers was woedend daaroor.

Volgens ’n voorlopige verslag van die Oos-Kaapse premier is die toetse inderdaad sonder die toestemming van die ouers gedoen, het Netwerk24 Maandag berig.

Een van die leerlinge het glo huilend by die huis aangekom en vertel van die toets en dat hy MIV-positief is.

Prof. Elda de Waal, onderwysregkenner aan die Noordwes-Universiteit se Edu-HRight-navorsingseenheid, sê kragtens die Wet op Nasionale Onderwysbeleid het die departement van basiese onderwys vroeg in 2015 ’n beleid oor MIV, ander seksueel-oordraagbare siektes en tuberkulose (TB) bekend gemaak.

“Hoewel die dokument verwys na die noodsaak dat protokol met die samewerking van die departement van gesondheid vir die hantering van TB ontwikkel word, word niks genoem oor die behoefte aan protokol vir die bestuur van MIV of ouderdomsperke vir vrywillige toetse nie,” sê De Waal.

Colditz en De Waal sê daar is wel duidelike riglyne vir die toets van leerlinge vir moontlike dwelmgebruik.

Volgens De Waal behoort skole egter in die algemeen “katvoet te loop met enige vorm van toetse op leerlinge”.

Colditz en De Waal sê daar is ook duidelike riglyne oor die deursoeking van leerlinge vir dwelms.


Reëls vir die deursoeking van leerlinge vir dwelms by ’n skool:
Luidens die gids vir dwelmtoetse in Suid-Afrikaanse skole wat deur die departement van basiese onderwys uitgereik is, geld die volgende reëls:

  • Volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet het die skoolhoof of sy of haar afgevaardigde die reg om enige persoon op die skoolterrein te deursoek sonder dat ’n polisielid teenwoordig is;
  • ’n Leerling kan sonder ’n lasbrief deurgesoek word;
  • Dit is baie belangrik dat daar redelike gronde moet wees voordat ’n leerling deurgesoek kan word;
  • Redelike gronde kan vasgestel word deur leerlinge en ouers wat die teenwoordigheid van dwelms op die skoolterrein aanmeld, die reuk van dwelms soos dagga en enige ander geldige rede wat agterdog kan veroorsaak; en
  • Slegs opgeleide opvoeders wat weet hoe om persone te deursoek, mag leerlinge op die skoolterrein vir dwelms deursoek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.