Ouma Berrie nog op-en-wakker op 100

2018-02-01 06:01
=Berrie Oosthuizen.   Foto:VERSKAF

=Berrie Oosthuizen. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“ ... En wat en wat en wat ...”

Mense wat vir Berrie Oosthuizen ken weet dit is woorde wat sy graag so tussendeur haar vertellinge gebruik.

Dié einste Berrie, ’n inwoner van Aandmymering Tehuis vir Senior Persone, het Maandag, 29 Januarie haar 100ste verjaardag gevier saam met familie en vriende.

Haar dogter Ronel Pieterse woon ook op Uitenhage en sê haar ma is nog op-en-wakker.

“Sy is veronderstel om met ’n loopraam te loop, maar sê, ‘nee wat, daai ding loop te stadig vir my’.”

Berrie is in Prins Albert gebore. Dit is Weyers-wêreld en sy is ook ’n nooi Weyers. Later jare het sy na Alexandria verhuis waar sy haar man ontmoet het. Daarna is sy na Paterson en toe na Uitenhage waar sy vir 32 jaar in die Nic Claassen- kompleks gebly het voordat sy in 2012 ’n inwoner van Aandmymering geword het.

“My ma was haar lewe lank ’n huisvrou. Lief vir bak, haar tuin en die buitelug. Dit is hoekom sy so ge-sond is want sy glo in die buitelug en as sy by ’n kraan kom dan drink sy water.

“By die Nic Claassen-kompleks het sy die tuine versorg en dit was haar trots. Sy kon nie papiere wat rondwaai verduur nie en het gesorg dat die tuine netjies en versorgd was.

“Sy weet nie wat hoofpyn is nie. Haar lewe lank het sy nog nooit hoofpyn gehad nie,” sê Ronel.

Waar die naam Berrie vandaan kom weet Ronel nie. Maar dié op-en-wakker ouma Berrie is die ma van drie kinders en trotse ouma en grootouma van sewe kleinkinders en sewe agterkleinkinders.

“Baie geluk met u 100ste jaar ouma Berrie!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.