Stel jou voor: byna 900 skoolkinders op ’n pawiljoen, elkeen toe onder sy of haar grys skoolbaadjie. In ’n oogwink verdwyn ’n groep van dié grys baadjies en daar staan die die woord “Brandwag” uitgespel in wit letters.
Die afgelope paar weke is elke leerder in Hoërskool Brandwag soggens om 07:00 by die skool om saam te oefen vir die 2017 pawiljoenkuns.
Hoe anders want daar is 67 bewegings om te vervolmaak en elkeen van die leerders het ’n rol om te vervul. Dié optrede is ter viering van die skool se 80ste bestaansjaar.
Môremiddag om 13:00 kan die publiek gaan kyk hoe dié pawiljoenpret by Brandwag lyk. Die hele vertoning ontvou op die maat van gewilde liedjies.
Verskillende Brandwag-temas sal deur die pawiljoenkuns uitgebeeld word.
Toegang na môre se pawiljoenpret is gratis en daar is genoeg sit- en staanplek by die skool se hoofrugbyveld.
Die vertoning duur slegs 15 minute en is groter as die vorige optrede in 2012.
Volg ook Brandwag se 80ste bestaansjaar aktiwiteite op die skool se Facebook-blad en web-tuiste.