Pensioenaris en sy hond klink rommel se doppie

2017-02-09 06:02
;Dr. Louis van der Walt (84) en sy hond, Brussow, spog met die plastiekdoppies wat hulle oor die afgelope twee weke opgetel het.                     Foto: Werner Hills

;Dr. Louis van der Walt (84) en sy hond, Brussow, spog met die plastiekdoppies wat hulle oor die afgelope twee weke opgetel het. Foto: Werner Hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir ’n morsjors het hy nie tyd nie, maar tog neem hy soggens baie tyd om agter rommel aan te loop.

Soggens wanneer die meeste pensioenarisse nog met hul eerste koppie koffie die koerant oopvou, stap dr. Louis van der Walt (84) en sy hond, Brussow, die strate in Uitenhage plat en stroop elke stukkie harde plastiek wat in sy pad lê.

“My oë is al so ingestel, my visie versprei oor die hele pad en fokus dadelik wanneer daar ’n plastiekdoppie is,” sê Van der Walt.

Maar die optel van ander se gemors is nie net om dié tuindorp skoon te hou nie. Die plastiekversameling word aan die Carpe Diem-VLV-tak in Uitenhage geskenk, wat die doppies aan ’n plastiekherwinningsfabriek skenk om plastiekmeubels en planke uit die herwinde plastiek te maak.

Die fabriek skenk weer op sy beurt geld aan ’n plaaslike stigting wat gemolesteerde en mishandelde vroue help.

“Dié fabriek skenk namens die VLV R1 per 2 literbottel vol doppies aan die stigting,” sê Marietjie van der Walt, voorsitter van die Carpe Diem VLV-tak.

“Die optel van plastiekdoppies het eintlik nou onlangs in ’n kompetisie tussen ander VLV-takke van die Sirkel Middelland ontaard,” sê sy.

Maar Van der Walt steur hom nie veel aan die kompetisie nie, aangesien hy glo hy die voorloper is.

“Ek stap vier keer ’n week, minstens vier kilometer. Die geheim is dat ek drie verskillende roetes het.

“En hoewel ek doppies vir die VLV wil optel, frustreer dit my om te sien hoe maklik mense rommel in die strate kan neergooi.”

Van der Walt sê hy tel tussen 30 en 40 doppies ’n dag op.

“Die meeste wat ek al op ’n dag opgetel het, was 103 doppies, dan staan my sweetpak se sakke omtrent gepof.

“Maar omdat ons nou in ’n kompetisie is, sal ek dalk ’n ou drasakkie oor Brussow se rug moet span sodat hy kan help dra,” skerts Van der Walt.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.