Plaaslike duiwe pronk onder bestes in land

2016-04-28 06:00

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar is met sowat 900 duiwe van regoor die land by die onlangse duiweskou in die Baai gespog en duiweboere van Uitenhage en Despatch het besonder goed presteer.

Alhoewel al die duiwe nog nie klaar verveer het nie was die wedywering straf en het die bekwame beoordelaars hulle hande vol gehad om die duiwe te beoordeel.

Daar was 32 klasse, wat gewissel het van broei-, wen- vlieg-, en jaaroud-duiwe.

“Die duiwe word beoordeel volgens uiterlike voorkoms, balans en spiere, beenstruktuur, vlerk en veerkwaliteit. Punte word dan daarvolgens uit ’n totaal van 100 toegeken,” sê Hennie le Roux.

Gert Nell & Vennote van Uitenhage is aangewys as die skoukampioen. Sy duiwe behaal onder andere 3 eerste plekke, 7 tweede en 6 derde plekke.

Ander duiweboere van Uitenhage en Despatch wat ook goed gevaar het is Tien Jordaan.

Een van sy wyfie duiwe word as die kampioen wyfie op die skou aangewys en sy word ook as die reserwe kampioen aangewys.

Hy behaal ook 2 eerste en 3 tweede plekke met sy duiwe.

Boertjie Nell van Despatch behaal ’n 1 eerste plek, 3 tweede en 2 derde plekke.

Nell & Vennote, Jordaan en Nell is almal ook die kampioenvlieërs van hulle onderskeie klubs.

Ander duiweboere wat pryse gewen het sluit in Loodt Schmidt, Twakkies du Toit en Marcelle Els van Despatch Posduifklub.

Hulle het elkeen 5 duiwe ingeskry en Loodt het ’n eerste, 3de en 6de plek gewen, Twakkies wen ’n eerste plek, en Marcelle Els kry ‘n 2de en 6de plek.

Shane Gerber van Port Elizabeth se broei mannetjie word as die groot kampioenduif van die skou aangewys.

Die finale punte van die top drie posisies is, eerste Gert Nell & Vennote (96), Chris Jacobs van Oos Londen (90) en Shane Gerber (55) punte.

“Die organiseerders verdien ‘n pluimpie vir die reelings. Om ‘n skou te reel is nie kinderspeletjies nie. Gedagtig aan die harde werk en die koste daaraan verbonde, is dit teleurstellend dat al die duiweboere nie van die geleentheid gebruik gemaak het om die skou te ondersteun nie,” het Le Roux gesê.

Dr. Ockert Botha, ‘n welbekende veearts, het ‘n baie leersame lesing gegee oor duiwe siektes en medisyne.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.