Pretstap, basaar en kore ter viering van kerk se 121 jaar

2017-05-04 06:00

Dalestraat Congregational Kerk se 121ste bestaansjaar sowel as die dienslewering aan gemeentes en buitestasies van die kerk én die breë gemeenskap word eerskomende naweek by die kerksaal in Gerald Smith gevier.

Oor die 121 jaar het die kerk ‘n betekenisvolle bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap op alle terreine gemaak. Lede van die gemeente beklee invloedryke posisies in hulle gemeenskappe en baie van hulle vervul leiers rolle op verskillende terreine.

Menige uitdagings is in die afgelope 121 jaar met welslae trotseer en dit het positiewe bydraes gemaak tot die geestelike sowel as die materiële welstand van die gemeente.

Pretdraf en lekker stap

Feesvieringe skop Saterdag af met ’n pretdraf en lekker stap om 07:00 by die kerksaal in Gerald Smith. Die roete wat gevolg word is plat en kan met gemak voltooi word. Daar sal verkeersbegeleiding, mediese bystand en helpers op die roete wees. ‘n Versoek vir sigbare polisiëring is ook ingedien. Geskenkpakkies sal aan die eerste 100 volwasse inskrywings en koopbewyse aan die eerste 50 skoliere wat inskryf uitgedeel word. Deelnemers staan ook die kans om gelukkige trekkings te wen. Laat inskrywings is Saterdag om 05:30.

Bobaas-kokke by basaar

Na die pretdraf is dit tyd vir die basaar waar daar lekkernye soos koeke, terte, beskuit, koeksisters, gemmerbier, jellie en vla, sult en toffie-appels te koop is. Braaivleisvure gaan hoog brand regdeur die dag, ook vir roosterbrood. Heerlike potjiekos, voorberei deur die bobaas-kokke van die pastorie, sal weereens ‘n wenner wees. Vleisverkope begin môre en Saterdag is daar ’n groentestalletjie.

Sang, speletjies en sport

Top plaaslike talent soos Vocals for Christ, Stone Sisters, Curtis Kettledas en baie ander deelnemers sal deelneem aan die vermaaklikheid-program. ‘n Platejoggie sal sorg dat daar heeldag ’n feestelike atmosfeer heers.

Vir die kleinspan is daar reuse springkastele en allerhande ander prettighede en speletjies. Vir diegene wat nie die aksie op die sportvelde wil misloop nie sal daar ‘n grootskerm televisie opgerig word waar die dag se gewilde sportgebeure gekyk kan word.

Erediens en brigade-optog

Die hoogtepunt van die naweek is die ere- diens Sondag 10:00 deur Eerwaarde Johannes Stuurman uit die Gordonia-streek by die Moederkerk in Kingfisherrylaan. Die Jeug- diens is 15:00 en word voorafgegaan deur ‘n optog van brigades van regoor die Algoastreek. Die aanddiens is 18:00 en besoekers van regoor die Algoa-streek word verwag.

Bekoring van kore

Feesvieringe word Maandag afgesluit met ‘n kooraand waar kore van naburige en sustersgemeentes gaan optree. Die publiek word uitgenooi om hierdie spesiale aand by te woon.

SNavrae: kerkkantoor 041 988 2797.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.