‘Prisondent’ praat oor dom keuses

2019-08-29 06:00
Trevor Leander (links) bemarkingsagent en Prisondent, die verhoognaam van motiveringspreker Brian Davids saam met plaaslike sakeman Dasty Ferendale, wat die Prisondent se optredes borg.            Foto:HEILIE COMBRINCK

Trevor Leander (links) bemarkingsagent en Prisondent, die verhoognaam van motiveringspreker Brian Davids saam met plaaslike sakeman Dasty Ferendale, wat die Prisondent se optredes borg. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SUID-AFRIKA beweeg verby ’n tweede en derde na ’n vierde wêreldland terwyl ons almal streef na eerste-wêreld leefwyses.

Mindsets moet change want ons gaan agteruit! So sê Brian Davids, ’n bewaarder by St. Albans Korrektiewe Dienste, wat as motiveringspreker onder die verhoognaam “Prisondent” sy boodskap oordra.

Hy verduidelik hoekom hy dié naam gekies het. “Elke mens het twee kante, die negatiewe prison of die positiewe president, daarom Prisondent. Die een waaraan jy aandag gee, is die een wie jy is.”

Prisondent spits hom toe op die jeug en draai nie doekies om oor verkeerde keuses nie. Hy praat reguit en hard soos daar in tronke gepraat word.

“Tronke is oorvol en kerke maak toe. Dit is ’n harde en violent society waarbinne baie van ons jeug grootword. Mooi-praatjies werk nie, daarom gebruik ek harde tronktaal met ’n dramatiese tronk attitude want dit is wat hulle gaan kry as hulle hul mindsets bly besmet.

“Nelson Mandela het vir die regte purpose geveg. Education first as well as freedom. Maar die jong generasie sit die pot mis. Hulle maak die land free en dom. Jy is free maar jou crime maak jou dom.

“Morals, values en principles kan nie prysgegee word nie. Dit is die fondasie vir brûe van die toekoms. Ons almal word getoets deur die wind en die weer van die lewe en as jou morals, values en principles nie reg is nie, gaan jy krake wys.

“Bybels word nie meer in skole toegelaat nie, maar wel in die tronk. Is dit nie ’n bietjie te laat nie? Morele goed en smooth talk word vir rehabilitasie toegepas, maar as jy teruggaan sel toe is jy op jou eie en moet jy survive. And if you can’t beat them join them . . . en so word jonges gangsters om te oorleef.

“Die risiko om tronk toe te gaan is ver groter as die misdryf.”

Prisondent se skoolbesoeke

Davids is reeds vir die afgelope sewe jaar met sy Prisondent-karakter be-drywig. Uitnodigings om by skole op te tree, het die afgelope tyd skerp toegeneem.

“Geweld in skole ontwrig opvoeding. Onderwysers word gehumiliate. Prisondent moet inklim en help, you can’t build a nation without education.

“’n Kind moet weet hy of sy is a somebody not a nobody.

“Ons val die misdryf aan, nie ’n kind se karakter nie. Hulle moet weet die lewe gooi klippe na jou kant toe. Moenie dit teruggooi nie, kies eerder om dit as stepping stones te gebruik.”

Prisondent se program by skole is beperk tot 15 minute .

“E k hou hulle op hul tone. My aanslag is aggressief want dit is hoe dit in tronke is. ’n Teeninspuiting vir ’n virus is ’n ander virus, daar is nie ’n manier dat jy effentjies kan praat oor hierdie goed nie,” sê David s.

A l meer versoek e

Volgens Trevor Leander, bemarkingsbestuurder vir Prisondent, is daar al meer skole wat versoek dat die program by hulle aangebied moet word.

“Prisondent se optredes is effektief. Mooipraat help nie meer nie. Die harde waarheid het ’n impak op die jeug,” sê Leander.

Plaaslike sakeman en eienaar van Dasty’s Satellite & TV Services, Dasty Ferendale, sê dit wat Davids doen is absoluut nodig in die gemeenskap.

Ferendale het die Prisondent-uitrusting, ’n manspak wat een helfte ’n prisonierspak is en die ander helfde ’n formele pak, vir Brian laat maak deur William Muller van Kabah. Ferendale help ook om Prisondent se vervoeronkostes na optredes te betaal.

“Misdaad laat ons almal agter slot en grendel leef. Ek het hier grootgeword en dit was nog nooit so erg soos nou nie. Ons is keelvol. Iemand moet vir ons jeug sê wat gesê moet word en daar is nie meer tyd vir mooipraat nie,” sê Ferendale.

Vir meer inligting of om optredes van Prisondent te bespreek, bel Tre-vor Leander by 084 775 0944.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.