Projek om sanitêre ware in te samel #HelpHanna projek

2016-07-21 06:00

Honderd-sewe-en-sestig (167) pakkies sanitêre ware word elke maand benodig vir meisies van verskeie laer- en hoërskole op Uitenhage.

“Onsekerheid is deel van elke meisie se reis na volwassenheid. Ongelukkig is daar meisies vir wie die reis nog moeiliker is. Weens finansiële druk het hulle nie toegang tot sanitêre produkte nie,” het Marlien van der Westhuizen van Solidariteit Helpende Hand gesê.

Solidariteit Helpende Hand het daarom ’n projek begin wat fokus op behoeftige meisies wat nie sanitêre produkte kan bekostig nie.

“’n Steekproef deur Helpende Hand het gewys dat meisies tydens hul maandstonde skool mis om verleentheid te vermy. Die Help Hanna-projek wil seker maak dat dié meisies se reg tot opvoeding nie van hulle ontneem word nie,” het Van der Westhuizen gesê.

“Sommige meisies is vir meer as 55 skool-dae per jaar weens dié rede nie in die skool nie.”

Helpende Hand het die karakter, Hanna, geskep om elke meisie wat hierdie probleem ervaar, te verteenwoordig. Die publiek word daarom gevra om vir Hanna te help en sodoende tot meisies se opvoeding en waar-digheid by te dra.

Deur die projek word pakkies saamgestel wat maandeliks deur die skool aan behoef-tige meisies uitgedeel word. Houers waarin skenkings geplaas kan word is by die volgende plekke in Uitenhage beskikbaar: Baseline Beauty (Billsonstraat), Cabelo Stylists (11 Marionstraat), Salon Charmaine (Krisantstraat) en Fairbridge Apteek.

  • Vir enige inligting kontak takvoorsitter, Miempie van Wyk, by 081 798 0190 of Marlene Basson by 083 501 3166 of marlene@helpendehand.co.za. Vir meer inligting oor die projek besoek www.helphanna.co.za

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.