Protestantse kerke vier 500ste bestaansjaar

2017-10-26 06:00

Volgende week op Dinsdag, 31 Oktober, sal dit presies 500 jaar gelede wees nadat Martin Luther sy 95 leerstellings teen ’n kerkdeur in Wittenberg, Duitsland vasgespyker het.

Dit was die begin van Protestantse kerkhervorming wat weggebreek het uit die Rooms-Katolieke Kerk.

Dié aksie van Luther het nie net die kerklike bestel wêreldwyd verander nie, maar ook veranderings gebring in onder meer die boekdrukkuns, demokrasie, vryheidstrewe van volke, ekonomie, see-vaart, handel, regswese sowel as musiek en kuns.

Protestantse kerke regoor die wêreld herdenk eerskomende naweek dié optrede van Luther toe hy genoeg gehad het van die kerkstelsel soos dit was.

Die grootste verandering wat die kerkhervorming opgelewer het, is die belyde-nis van sola gratia.

Volgens ds. Lourens Kruger van die Uitenhage Gereformeerde Kerk is die grootste verandering van die hervorming die Sola Gratia beginsel.

“Dit beteken dat die mense deur genade alleen in ’n ware verhouding met God kan tree en nie deur die selfverlossingsleer waar jou sonde byvoorbeeld met geld afbetaal word nie,” het ds. Kruger gesê.

Die Gereformeerde en Hervormde kerke op Uitenhage hou saam ’n diens 09:30 op die hoek van Gibb- en Lange-straat. Die diens sal deur beide predikante, ds. Danie Taljaard en ds. Lourens Kruger, waargeneem word.

Verversings sal na afloop van die her-denkingsdiens voorgesit word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.