Prutpot van kunste op Despatch gehou

2016-05-05 06:00
=Hier is enkele van die Despatch Kunsfees deelnemers van die verskillende skole op die dorp. Van links is Johandré van Zyl, Harmony Absalom, Michaela Foxcroft, Lynique Deyzel, Elmie Stassen, Raylene Smith, Kelly Oosthuizen en Heide-Marié Fourie.      Foto: VERSKAF

=Hier is enkele van die Despatch Kunsfees deelnemers van die verskillende skole op die dorp. Van links is Johandré van Zyl, Harmony Absalom, Michaela Foxcroft, Lynique Deyzel, Elmie Stassen, Raylene Smith, Kelly Oosthuizen en Heide-Marié Fourie. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die droom van ‘n groot gees in plaaslike kultuurkringe en die destydse stigter van die Despatch Kunsfees, wyle Apie Rossouw, was om op eie bodem ‘n kulturele prutpot vir die kunste te skep. Dié droom van hom is bewaarheid.

Despatch Kunsfees het oor die jare gegroei tot ‘n platform, waar jeug van regoor die Oos-Kaap, die uitvoerende en skeppende kunste kom vier en ter selfdertyd hul Godgegewe talente deel en ontwikkel.

Dit is weer tyd vir dié tweejaarlikse Despatch Kunsfees, wat vanaf 9 tot 13 Mei op die dorp aangebied word. Deelnemers van so ver as Graaff-Reinet, Joubertina en Gamtoosvallei het reeds ingeskryf. Plaaslik is leerders van verskeie skole in die Nelson Mandela Metropool slaggereed om hul merk in die kunswêreld te maak.

Kategorieë en beoordelaars

Daar is sewe afdelings van deelname naamlik voordrag, vokaal, klavier, blaas- en strykinstrumente, kuns, fotografie asook dans.

Vanjaar se beoordelaars is dr. Erika Bothma (klavier), dr. Erna Cloete (blaas- & strykinstrumente), dr. Francois Zietsmann (vokaal), Marelize Marx (danse), Marlene Pieterse & Anneke Groenewald (voordrag), Anneke Basson (fotografie) en Llise Dodd (beeldende kunste).

Die onderskeie kategorieë word by verskillende skole op die dorp aangebied. Deelnemers in voordrag gaan by Laerskool Sonop optree, vokaal by Hoërskool Despatch, klavier & dans is by Laerskool Frans Conradie, ander Instrumente by Laerskool Susannah Fourie en die kuns- & fotografie-uitstalling word by Hoërskool Despatch gehou.

Toegang tot die verskillende platforms om die jong talent in aksie te sien is gratis en kuns- en musiekliefhebbers word uitgenooi om te kom kyk en luister.

Prestige-aand vir uitblinkers

Na afloop van die Kunsfees word ‘n Prestige-aand aangebied waar van die uitstaande deelnemers gaan optree. Dit word by Laerskool Frans Conradie gehou, waar Rossouw (stigter van die Kunsfees) dié skool se eerste skoolhoof was. Tydens die Prestige-aand op 25 Mei om 18:30, sal daar toekennings gemaak word aan uitblinkers in elke kategorie. Toegang is R20 per persoon.

  • Vir verdere inligting bel Tanya Gerber by 084 919 5309. (-Heilie Combrinck)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.