Publiek genooi na grondsittings

2018-07-26 06:01

DIE landwye sittings oor grondonteiening sonder vergoeding skuif die week na die Oos-Kaap met vier openbare vergaderings wat tussen Maandag en Saterdag oor die provinsie heen gehou word.

Die vergaderings is deel van ’n proses om landsburgers die kans te gee om hul menings te lig oor die voorgestelde wysiging van art. 25 van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat.

Gift Ngqondi, provinsiale ANC-woordvoerder, sê alle inwoners moet dié vergaderings beskou as ’n afspraak wat hulle nie kan misloop nie.

Ngqondi sê ’n hele paar afgevaardigdes van die ANC sal die vergaderings bywoon, maar Yazini Tetyana, provinsiale koördineerder van die EFF, sê hulle sal nie afgevaardigdes stuur nie.

Hy verwag geen geweld of onluste by die vergaderings nie. “Histories gesproke is die Oos-Kaap nie gewelddadig nie. Ons is ’n provinsie wat sake debatteer. Al stem ons nie ooreen nie, ons luister na mekaar.”

Nqaba Bhanga, die DA se provinsiale leier, het ook die provinsie se inwoners aangemoedig om die vergaderings by te woon.

Hy sê DA-verteenwoordigers sal die vergaderings bywoon en meen die debat is uiters belangrik om diegene wat eienaarskapsregte van hul grond geweier is, te bemagtig.

“Ons glo mense moet titelaktes vir hul eiendom gegee word om hul waardigheid te herstel. Ons almal moet staatsbesit van grond, namens individue, verwerp. Ons kan nie weer, soos in die apartheidsdae, teruggaan na grondhuur nie,” sê Bhanga.

  • Die vier sittings wat reeds in die Oos-Kaap is sluit in Mthata (23 Julie), Queenstown (25 Julie), Oos-Londen (26 Julie) en Saterdag, 28 Julie 11:00-16:00 word ’n sitting in die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit-stadsaal, Jansenville, Beyers Naude-plaaslike munisipaliteit gehou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.