Puik uitslae vir dogter met seldsame siekte

2018-01-25 06:00
=Monique Huyser, spog met drie onderskeidings. Sy het 3 jaar tevore Guillain-Barré-sindroom opgedoen.                    Foto:KAREN PIENAAR

=Monique Huyser, spog met drie onderskeidings. Sy het 3 jaar tevore Guillain-Barré-sindroom opgedoen. Foto:KAREN PIENAAR

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Skaars drie jaar gelede kon sy nie praat of op haar eie asemhaal nie. Nou spog Monique Huyser, een van Brandwag se 2017-matrieks, met drie onderskeidings en ’n gemiddeld van 77,4%.

Aan die begin van 2014 was Monique ’n ywerige atleet, maar later dieselfde jaar het haar lewe drasties verander toe sy die seld-same siekte, Guillain-Barré-sindroom, opgedoen het. Dit veroorsaak dat die liggaam se immuunstelsel die senustelsel aanval, wat tot verlamming van spiere lei.

Binne dae was Monique verlam en aan ’n ventilator gekoppel. Sy het 149 dae in die hospitaal deurgebring, waarvan 133 dae op ’n ventilator was. In dié tyd, het sy twee keer ophou asemhaal.

Monique kon eers in die tweede kwartaal van 2015 terugkeer skool toe om haar gr.10-jaar te voltooi. Aanvanklik moes sy in ’n rolstoel oor die weg kom, maar mettertyd het sy eers met krukke en toe op haar eie begin loop.

Tydens die eindeksamen het Monique vir ekstra tyd gekwalifiseer omdat haar handspiere seer raak en dit vir haar moei-lik is om te skryf.

Monique hoop haar uitslae sal in die toekoms vir haar deure oopmaak.

“Al is ek in my lewe deur veel erger as ’n matriek-eindeksamen, het die eksamen my tog laat besef dat ek met harde werk en selfvertroue enige iets kan bereik.

“Ek is baie verlig en trots op my uitslae,” het sy gesê.

Sy hoop om in die toekoms in ’n mediese rigting te studeer om ander te help, soos wat sy gehelp is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.