R300 miljoen vir dienslewering in die Metro opsy gesit

2018-03-01 06:00
=Retief Odendaal, burgemeesterskomiteelid vir begroting en tesourie in die Nelson Mandelabaai-metro, saam met Athol Trollip, burgemeester, en Masixole Zinto, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur, energie en elektrisiteit. Foto: Lulama Zenzile

=Retief Odendaal, burgemeesterskomiteelid vir begroting en tesourie in die Nelson Mandelabaai-metro, saam met Athol Trollip, burgemeester, en Masixole Zinto, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur, energie en elektrisiteit. Foto: Lulama Zenzile

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MEER as R300 miljoen is in die voorgestelde aanpassingsbegroting vir die 2017-’18-boekjaar opsy gesit om dienslewering in die Nelson Mandelabaai-metro te verbeter.

Retief Odendaal, burgemeesterskomiteelid vir die begroting en tesourie, het dié syfers Maandag op ’n mediakonferensie by die stadsaal in Port Elizabeth bekend gemaak.

Die voorgestelde begroting word vandag op ’n vergadering aan die raad voorgelê vir goedkeuring.

Die grootste deel van die bedrag sal bestee word om veral grondpaaie te teer en onbegaanbare paaie op te knap, asook om waterpype, opgaardamme en riool­waterstelsels op te knap of te herstel.

Sowat R19 miljoen is bestem vir boorgate om die druk van die voortslepende droogte effens te verlig en R15 miljoen is begroot vir die aankoop van watermeters om “akkuraatheid te verbeter en verliese te beperk”.

Odendaal sê die begroting vir die opknapping van opgaardamme is van die vorige jaar se R10 miljoen tot R20 miljoen aangepas.

Die bedrag wat toegeken is vir die opgradering en rehabilitasie van waterpype is van R19,5 miljoen tot R29,3 miljoen nou verhoog.

“Sowel die direktorate vir water, sanitasie en elektrisiteit, as infrastruktuur, energie en ingenieurswese, veral in voorheen onderbediende gemeenskappe, is die fokuspunt van dié aanpassingsbegroting,” sê Athol Trollip, burgemeester.

“Ons het veral gefokus op dienslewering sodat elke sent bestee kan word.

“As alles nie bestee word nie, kan ons die geld verloor,” sê hy.

Trollip sê ook daar is sekere belangrike gebiede waarin poste nog vakant is en geskoolde werkers benodig word.

’n Bykomende R66 888 596 is daarvoor begroot.

“Baie mense moet nog aangestel word.

“Om ons waterverliese te help voorkom, het ons beslis nog loodgieters nodig.

“Ons het 39 en ons het 51 nodig.

“Dié poste moet gevul word.”

Trollip het ook aangedui dat daar nou in die aanpassingsbegroting R10 miljoen minder vir die Mandelabaai-Ontwikkelingsagentskap (MBDA) begroot is.

Hy sê hulle is ’n jaar gelede gewaarsku dat hulle die geld kan verloor as hulle nie hul toegekende deel van die begroting gebruik nie.

Dis ’n groot slag vir die MBDA, maar hulle het die vorige jaar nie goed gevaar met hul besteding nie.

“Dié geld is nie verlore vir die metro nie, maar sal na ander gebiede van dienslewering herlei word,” sê Trollip.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.