Rekordpoging om gestremdes by te staan

2016-04-21 06:00
;Skaars het Johan Oosthuizen (39) van Johannesburg na Uitenhage fiets gery om geld in te samel vir Jamie Lee Barendse (24) se rolstoel, of hy mik alweer na ’n fietsry-wêreldrekord. Barendse (voor) is met spina bifida, ’n rugmurg-afwyking, gebore. Oosthuizen, hier ook by Ronelle Oosthuizen (34), pak gereeld fietsry-uitdagings aan om geld ter wille van groter beweeglikheid vir gestremdes in te samel.  Foto: VERSKAF

;Skaars het Johan Oosthuizen (39) van Johannesburg na Uitenhage fiets gery om geld in te samel vir Jamie Lee Barendse (24) se rolstoel, of hy mik alweer na ’n fietsry-wêreldrekord. Barendse (voor) is met spina bifida, ’n rugmurg-afwyking, gebore. Oosthuizen, hier ook by Ronelle Oosthuizen (34), pak gereeld fietsry-uitdagings aan om geld ter wille van groter beweeglikheid vir gestremdes in te samel. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Johan Oosthuizen (39), fietsryverslaafde van Uitenhage wat al derduisende kilometer platgetrap het, mik nou na ’n wêreldrekord – 4 400 km se fietstrap in slegs ses dae.

Met dié poging wil Oosthuizen soveel as moontlik geld insamel sodat looprame en rolstoele vir fisiek gestremdes gekoop kan word.

Hy beoog om van die Baai regdeur Kaap toe, deur die Karoo en om die Oos-Kaap te ry om die hele afstand van 4 400 km te voltooi.

Sy dryfkrag, verduidelik hy, is om groter bewusmaking oor die spesiale behoeftes van fisiek gestremdes te skep, asook noodverligting te bring vir diegene wat met gestremd- hede moet saamlewe.

Oosthuizen het gesê dat hulle in Oktober ’n persoon in ’n rolstoel al die pad van Jeffreysbaai tot in die Baai gaan stoot om bewustheid te skep van gestremde mense.

Hy het vroeër hierdie maand al die pad van Johannesburg tot in Uitenhage fietsgery en daardeur R41 000 ingesamel vir onder meer ’n nuwe rolstoel vir Jamie Lee Barendse (24), wat gebore is met spina bifida, ’n rugmurg-afwyking wat ontstaan wanneer die ruggraat vroeg in swangerskap nie goed vorm nie. Dit veroorsaak onder meer spierswakheid, spastisiteit, wanbalans, vergroeide gewrigte of selfs ’n onvermoë om te loop.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.