Riool in rivier – ekologiese ramp wag

2019-08-29 06:01
Massas “gesuiwerde” rioolwater word daagliks uit die Kelvin Jones-waterwerke gepomp na die Swartkopsrivier.

Massas “gesuiwerde” rioolwater word daagliks uit die Kelvin Jones-waterwerke gepomp na die Swartkopsrivier.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ROU riool wat oor ’n lang tydperk opdam in die boloop van die Swartkops-rivier is ’n ekologiese ramp wat wag om die sensitiewe Swartkopsriviermonding sowel as gesogte strande van Port Elizabeth te tref.

Die probleem kom al jare voor, maar geen daadwerklike pogings word aangewend om dié besoedeling te stop nie.

“Ek sê jou, dit vra net vir een goeie reënval wat Groendal laat oorloop en die Swartkops in vloed bring en al hierdie soliede riool sal op die strande uitspoel,” sê Frans Swanepoel, ’n sakeman en besorgde inwoner van Despatch wat as voormalige burgemeester dié dorp se belange steeds op sy hart dra.

“Kyk die massa water wat uit die Kelvin Jones-waterwerke in die kanaal vloei reguit rivier toe.

“Dit is vol soliede stukke riool wat, omdat dit swaar is, in die rivier afsak en die water vloei net so liniaallengte bo-oor.

“Vloede gaan kom, dit gaan weer reën en dan gaan die vloedwater daardie soliede riool afvat see toe en ons weet die see gooi uit wat hy nie wil hê nie. Dan is die Blouvlagstrande in hulle maai.”

’n Eienaar van grond langs die rivier sê die hoë E.coli-vlakke in die water hou ’n bedreiging vir mens en dier in. By dié persoon (wat verkies om anoniem te bly) se grond is daar is geen vis in die rivier oor nie en die voëllewe het gekwyn tot enkele spesies.

“Die Swartkops-riviermonding is ’n sensitiewe area vir baie waterspesies. So is St. Croix-eiland die broeiplek vir die Afrika-pikkewyne.

“In die Baai het ons hier seelewe wat nêrens anders in die wêreld voorkom nie en daar word so onverantwoordelik omgegaan met die riool. Nee, dit is onaanvaarbaar,” sê Swanepoel.

Geen gesuiwerde water vir skole

en gholfbaan

Gesuiwerde rioolwater uit die Kelvin Jones-waterwerke is veronderstel om gepomp te word na die Strelitzia-dam, vanwaar dit uitvloei na die Uitenhage Gholfklub sowel as skole en kerke om hul terreine en grasperke nat te lei.

“Vir die laaste drie jaar is die vloei van dié water beperk. Soms is daar water en ander kere niks.

“Dan is daar al die verskonings in die boek hoekom daar nie meer water is nie,” sê Swanepoel.

Skole betaal ’n beskikbaarheidsfooi aan die munisipaliteit vir die gebruik van dié gesuiwerde water wat hulle nie kry nie.

Vir die afgelope vyf jaar was die watertoevoer na die gholfbaan kritiek met maande waarin daar geen van dié gesuiwerde water was nie.

“Ek monitor die probleem al lank. Die riool word nie gesuiwer soos dit gedoen moet word nie, dit word fyngekap en in die rivier ingepomp.

“As die rioolwater nie gesuiwer word nie, kan dit nie opgepomp word na die Strelitzia-dam nie.”

Swanepoel sê hy verneem die rioolplaas by die KwaNobuhle-waterwerke is nie in volle werking nie en dat die riool na die Kelvin Jones-waterwerke gepomp word.

“Ek weet nie of die Kelvin Jones-waterwerke nie die kapasiteit kan hanteer en of dit onkunde of foutiewe stelsels is nie.

“Wat ek weet, is dat dit teen die wet is om die riool in ’n rivier te pomp en dat dit ’n groot ekologiese ramp gaan wees as die reën kom.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.