Rioolvuil besmet Swartkopsrivier

2018-11-22 06:00
=DIK dik bruin skuim vloei uit die Kelvin Jones-watersuiweringsaanleg in ’n afvoerkanaal na die Swartkopsrivier.

=DIK dik bruin skuim vloei uit die Kelvin Jones-watersuiweringsaanleg in ’n afvoerkanaal na die Swartkopsrivier.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Swartkopsrivier het ’n direkte pyplyn van rioolvuil na die see geword, sê Frans Swanepoel, voormalige raadslid van Despatch en ’n plaaslike sakeman.

Saam met ’n boer wat langs die Swartkopsrivier boer, probeer Swanepoel al etlike jare lank die munisipaliteit se aandag op die rivier fokus.

“Hier loop onverwerkte rioolvuil by die rivier in. Dit is pikswart slik wat in die rivier gaan lê.”

Die rivier vloei soos ’n swart aar deur drie dorpe in die Nelson Mandelabaai-metro. Dit vloei deur Uitenhage, waarna dit verby Despatch en Swartkops vloei voordat dit die see bereik.

Volgens Swanepoel vloei ongesuiwerde rioolwater vanuit die Kelvin Jones-watersuiweringsaanleg nou al etlike jare lank by die rivier in en ondanks munisipale amptenare se verskeie besoeke is die situasie onveranderd.

“Die water word nie gesuiwer nie. Die menslike ontlasting word net fyner gekap en dan loop alles by die rivier in,” sê Swanepoel.

Volgens ’n boer, wat anoniem wil bly, woon hy sedert 1950 langs die rivier op ’n kleinhoewe en meen hy die rivier was destyds ’n paradys van voëllewe terwyl die rivierwater gewemel het van ’n wye verskeidenheid van vis.

“Maar deesdae is dit net die babers wat in die rivier oorleef. Die gesondheidsrisiko wat saam met die babers gepaard gaan, is iets vreeslik. Daar is hoeveel mense wat in die rivier hengel en die vis eet óf verkoop aan ander om te eet.

“Met die hoeveelheid rioolvuil wat in die rivier vloei, kan dit nie eens gesond wees vir iemand om kaalvoet in die water te staan nie.”

Luthando Gxowa, ’n omgewingsbeampte van die Zwartkops-bewarea, wou nie by navraag bevestig of ontken dat die visse wat in die Swartkopsrivier gevang word, veilig is om te eet nie.

Hy sê hy het Maandag ondersoek ingestel by die bron van die rioolvuil.

Gxowa sê by sy ondersoek het hy wel dele met slik en skuim aan die kant van die rivier gesien vloei, wat dui op rioolvuil in die water.

Hy meen die hoeveelheid rioolvuil wat vermoedelik in die rivier gevloei het, kan dalk toegeskryf word aan herstelwerk wat naby die watersuiweringsaanleg gedoen word.

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het ontken dat enige onverwerkte rioolvuil in die rivier gepomp word.

“Alle rioolwater van die Uitenhage- opvanggebied word na die Kelvin Jones- watersuiweringsaanleg gedreineer.

“Na ’n sif- en afskeidingsproses en ná onderskeie behandelingsprosesse word dit by die aanleg ingepomp.”

Hy sê die aanleg is ook groot genoeg om die invloei van rioolwater te hanteer, aangesien die aanleg ontwerp is om 24 megaliter per dag te verwerk, terwyl daar gemiddeld slegs 15 megaliter per dag invloei.

Verder is nuwe oplig-pompe by die inlaatpompstasie geïnstalleer om te verseker daar is geen oorstromings by die inlaat nie, sê Mniki.

Gxowa het gesê hy sal ’n opvolgbesoek gaan aflê om die situasie verder dop te hou.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.