Rosedale-kliniek weer (tydelik) oop

2019-02-28 06:01
Inwoners wat mediese behandeling by die Rosedale-kliniek ontvang sê hulle moet vir ure lank wag om hulp. Foto: Lulama Zenzile

Inwoners wat mediese behandeling by die Rosedale-kliniek ontvang sê hulle moet vir ure lank wag om hulp. Foto: Lulama Zenzile

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Rosedale-kliniek is weer oop nadat dit langer as ’n week gesluit was te midde van ’n tekort aan dokters en verpleegsters.

Duisende inwoners van Uitenhage in die Oos-Kaap was vir langer as sewe dae sonder toegang tot mediese dienste omdat die kliniek weens betogings gesluit was.

’n Groep ontstoke betogers het self die kliniek gesluit weens ontevredenheid oor die omvangryke tekort aan verpleegsters en dokters, wat daartoe lei dat inwoners ure lank in toue moet staan voordat hulle gehelp word.

Trevor Johnson, ’n gemeenskapsleier, sê inwoners het besluit om die kliniek verlede Donderdag weer oop te maak.

Dié besluit is geneem na ’n vergadering wat die gemeenskap met afgevaardigde van die Oos-Kaapse LUR vir gesondheid, Helen Sauls-August, gehad het.

Johnson sê daar is op die vergadering die belofte gemaak dat die departement vanaf 1 Maart ’n mobiele kliniek in bedryf sal hê.

Die plan is vir die mobiele kliniek om inwoners van Tiryville en Lapland te bedien en sodoende die druk te verminder by die kliniek.

Daar is volgens Johnson ook belowe dat die dringende tekort aan personeel by die kliniek aandag sal ontvang.

“Die probleme is nog lank nie opgelos nie, maar die kliniek is oop tot 1 Maart. Ons wil kyk of die beloofde mobiele kliniek dan in bedryf gaan wees.

“Indien die belofte van die mobiele kliniek net ’n belofte gaan bly, gaan ons die kliniek weer sluit op 8 Maart,” sê Johnson.

Sommige van die 13 000 pasiënte wat die kliniek gebruik, het Maandag opnuut gekla omdat hulle vir ure lank moes wag om gehelp te word.

Die kliniek bedien inwoners van onder meer Rosedale, Langa, Gamble, Greenfields, Tambo, Pola Park, Lapland, Tiryville, Gerald Smith en Mountain View.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.