Rotariërs verbeter Drostdy-werkplek

2018-03-15 06:01
=Die Uitenhage Rotariërklub het 65 werkers van Drostdy Werklplek vir verstandelik gestremdes bederf met ’n middagete en verskeie ander items wat bydra tot die werkplek se instandhouding.    Foto:VERSKAF

=Die Uitenhage Rotariërklub het 65 werkers van Drostdy Werklplek vir verstandelik gestremdes bederf met ’n middagete en verskeie ander items wat bydra tot die werkplek se instandhouding. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Uitenhage Straatkarnaval is een van die Uitenhage Rotariër-klub se prominente fondsinsmelprojekte wat jaarliks gehou word om die klub te bemagtig om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te help maak.

Die hoofbegunstigde van die karnaval is Drostdy Werkplek vir verstandelik gestremde volwassenes.

“As afskopprojek vir die jaar het ons Rotariërs 65 werkers by Drostdy verras met ‘n middag-ete. Die werkers werk dwarsdeur die jaar vreeslik hard aan hul eie fondsinsamelingsprojekte, so ons het gevoel dit is tyd om hulle bietjie te bederf,” sê Mia Smit van die Uitenhage Rotariër Klub.

Die klub het ook ’n nuwe kookwaterkan, breekware, kruideniersware, skoonmaakmiddels sowel as geskenke vir die agt personeellede oorhandig.

NGK De Mist het die spysenier-ing gedoen.

“As volgehoue ondersteuning aan Drostdy beplan die Rotariërs om onder andere ook die werks-winkel se daklekke sowel as toiletgeriewe te herstel, werks-masjinerie aan te vul en om die bestaandes te diens.

“Ons wil ook graag die plek laat uitverf sodat hulle in ‘n skoon, veilige en gelukkige omgewing kan werk.

“Dit is vir ons as klublede ‘n voorreg om betrokke te wees by hierdie projek en ons is baie opgewonde oor al die planne,” sê Smit.

Die Uitenhage Rotariërklub bedank graag alle vennote, besighede en individue wat betrokke was met die 2017 karnaval en ook almal wat dit ondersteun het.

“Die jaarlikse karnaval bemagtig die Uitenhage Rotariër-klub om ongelooflike gemeenskapswerk te doen.

“Die gemeenskap se ondersteuning van die karnaval maak dit ’n reuse sukses. Baie dankie daarvoor,” sê Smit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.