Rugby: Brandwag klop Grey

2020-03-26 06:02
Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Brandwag vier hulle 17-10 oorwinning oor Grey High School na afloop van die wedstryd by Graeme College in Makhanda se rugbydag. Die span se afrigters is Wikus Viljoen (heel links met die rooi pet) en Jannie Erasmus (regs voor met die wit pet).                            Foto:VERSKAF

Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Brandwag vier hulle 17-10 oorwinning oor Grey High School na afloop van die wedstryd by Graeme College in Makhanda se rugbydag. Die span se afrigters is Wikus Viljoen (heel links met die rooi pet) en Jannie Erasmus (regs voor met die wit pet). Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Hoërskool Brandwag het ’n historiese 17-10 oorwinning oor Grey High School van die Baai by vanjaar se Graeme College-rugbydag behaal.

Voor vanjaar se wedstryd het die twee spanne laas in 2016 en in 2007 kragte gemeet en in albei gevalle was Grey oortuigend aan die wenkant. Grey het die eerste punte aangeteken met ’n strafskop deur Kai van Kampen. Gedurende die res van die eerste helfte het Brandwag heelwat geleenthede op die aanval geskep, maar Grey se verdediging het hulle verhoed om af te rond.

Kort voor rustyd het Grey se blitsige vleuel Siviwe Zondani ’n aanvallende skop van sy losskakel bemeester en ’n pragdrie in die hoek gedruk. Teen rustyd was die telling 10-0 in Grey se guns. Tydens die tweede helfte was Brandwag weereens kort-kort op die aanval. Dit was egter eers in die laaste kwart van die wedstryd dat ’n goed-beplande beweging in die middel-veld Brandwag se regtervleuel Corné Dawson weggestuur het vir ’n drie onder die pale. Nog ’n beplande beweging het gelei tot Brandwag se tweede drie toe voorryman Zuki Sali vanaf ’n aanvallende lynstaan oor die doellyn geduik het. Losskakel Michael Annies het albei drieë verdoel en Brandwag se 14-10 voorsprong met ’n skepskop na 17-10 gerek.

Wedstryde by die Graeme-rugbydag was slegs 30-minute aan ’n kant en daar was eenvoudig te min tyd vir Grey om weer op dreef te kom voor die eindfluitjie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.