Rugby-wêreldbeker se nommer 11 en 14 ironie

2019-11-14 06:01
Leon Ferreira hou die foto vas waar hy (links) en Fanie Wentzel (regs) in 1995 die Webb Ellis-trofee vashou nadat die Springbokke vir die eerste keer as rugby wêreld-kampioene gekroon is.           Foto:HEILIE COMBRINCK

Leon Ferreira hou die foto vas waar hy (links) en Fanie Wentzel (regs) in 1995 die Webb Ellis-trofee vashou nadat die Springbokke vir die eerste keer as rugby wêreld-kampioene gekroon is. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE voorreg om die gesogte rugby wêreld-beker se goue, 38 sentimeter hoë Webb Ellis-trofee van 4.5kg vas te hou, is min beskore, maar op Despatch is daar twéé sulke gelukkige mense.

Rassie Erasmus, ’n oud-Despatcher en afrigter van die Springbokke, die 2019 rugby wêreldbeker rugbykampioene is die man wat dit die mees onlangse kon doen, die ander een is Leon Ferreira.

Leon vertel hoe dit gebeur het dat hy dié gesogte beker aan sy sater- en nimf-ore kon vashou.

“Ek het saam met die 1995 Springbokke uit daardie beker gedrink! Dit was na hulle 15-12 oorwinning oor Nieu-Seeland op Ellispark!”

Leon was in die 1995-gouebekerjaar die bagasiemeester van dié Springbok-span.

Die aanloop na dié pos het begin toe hy in die 1980’s skakelbeampte was van die nasionale spanne wat teen OP-spanne gespeel het.

Dit het gevolglik vir hom die deur oopgemaak as bagasiemeester van internasionale spanne.

Sy eerste pos as bagasiemeester was vir die Suidsee-eilande se span wat in Suid-Afrika getoer het, daarna vir die SARU 100-jaar vieringe se 126 gaste wat onder meer verskillende rugbypresidente en oud- kapteins ingesluit het. In 1992 was Leon die bagasiemeester van die Wallabies tydens hul rugbytoer in Suid-Afrika.

“Vir die 1995 wêreldbeker het die Wallabies my gevra om wéér hul bagasiemeester te wees. Dit het nie gerealiseer nie en ek is aangewys as die Bokke se bagasiemeester.

“Dit was ses weke waarin in ek bevoorreg was om elke dag in die Springbokke se geselskap te kon wees. Maar, dit was ses weke van baie harde werk!”

Leon sê die 1995-span se vlak van fiksheid was uitstaande en dit het hulle na hul roemstatus gedra.

“Na ’n dag se spanoefening het die spelers verder op hul eie geoefen. Hulle het pawiljoentrappies uitgehardloop en net aangehou en aangehou.”

In die tyd wat Leon as bagasiemeester opgetree het, het sy seun Coetzee, die voorreg geniet om die Springbokke na hul laaste oefening voor die 1995-eindstryd te ontmoet.

Op ’n dowwe foto uit dié gloriejaar troon die twee meter lange Coetzee tussen die vleuels James Small (nommer 14) en Chester Williams (nommer 11) uit. Beide dié spelers is vanjaar oorlede.

“Wat vir ons treffend is, is dat vanjaar se Springbokke, wat drieë gedruk het vir hul 2019 wêreldbe-ker-oorwinning, Cheslin Kolbe en Makazole Mapimpi, ook die nommer 11 en 14 spelers was,” sê Leon.

Coetzee, wat aan HTS Daniel Pienaar gematrikuleer het en nou ’n Gautenger is, sê die foto is destyds op die Vrydag voor die einstryd op Ellispark geneem.

“Dit was ’n jaar na my matriek en ’n groot oomblik vir my. Veral omdat die Springbokke die volgende dag die wêreldbeker gewen het,” sê Coetzee Ferreira.

“Ek het eintlik al vergeet van die foto, maar het dit weer gaan uitkrap nadat die Springbokke wéér die wêreldbeker gewen het.”

“Dit sal nogal nog ’n groot oomblik wees as ek tussen Cheslin Kolbe en Makazole Mapimpi kan staan.”

Coetzee lag en sê “hulle twee is ook net so bleddie kort!”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.