Rugbyklub wil netbal woema gee

2020-02-27 06:04
Progress Rugbyklub het ’n netbalklub gestig. Hier is van die lede (agter van links) Asisipho Poyana, Sherelda Smith (afrigter), Ashenda Makonie (afrigter), Brenda Koraan (Progress bestuurslid), Stephney Loots (netballegende) en Kosie Basson (Progress Rugbyklub-voorsitter). Voor is Nadien RajagoPaul, Keeziah Nel en Abralene Maarman.                                                               foto:HEILIE COMBRINCK

Progress Rugbyklub het ’n netbalklub gestig. Hier is van die lede (agter van links) Asisipho Poyana, Sherelda Smith (afrigter), Ashenda Makonie (afrigter), Brenda Koraan (Progress bestuurslid), Stephney Loots (netballegende) en Kosie Basson (Progress Rugbyklub-voorsitter). Voor is Nadien RajagoPaul, Keeziah Nel en Abralene Maarman. foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN ’n poging om netbal weer sy regmatige plek te bied as sport in Rosedale en Kamesh, het die suksesvolle Progress Rugbyklub ’n hand uitgereik om ’n netbalklub te stig.

Kosie Basson, voorsitter van die Progress Rugbyklub sê, “Daar is baie vroue en skoolmeisies uit ons areas wat goeie netbal speel. Ons wil nie hierdie talent verloor nie, maar eerder met Progress se netbal hulle behou en deur sport ons gemeenskappe weer op die wen- en herstelpad help.”

Eens was daar 12 aktiewe netbalklubs wat mekaar stewige kompetisie gebied het, maar dit kwyn en tans is daar slegs sewe klubs.

“Dit is een van die beste netbalspanne, maar die uitdagings waarmee hulle gekonfronteer word soos vandalisme, die toestand van die baan en vervoer, veroorsaak dat hulle nie volgens hul volle potensiaal kan meeding nie.

“Daarom het Progress Rugby-klub, wat die suksesvolste in sy liga in die Oos-Kaap is, uitgereik om hierdie netbalspelers ook op die pad na sukses te help. Dit is ook goed om vroue meer betrokke te kry by die Progress-handelsnaam,” sê Basson.

Volgens netballegende en oud-OP skeidsregter, Stephney Loots (79) wat steeds in hart en siel by netbal betrokke is, is hierdie spelers die beste in die area.

“Ek is ’n ou Progress-vrou en trots op die klub. Ek is baie bly dat die netbal nou deel is van dié klub,” sê Loots, ’n oud-keurder, -skeids-regter en netbalspeler.

“Wat ek nie kan verstaan nie, is dat die netbalbaan, wat ’n sport vir vroue is, so eenkant en ver weg van die kleedkamers en ander sportfasiliteite gebou is.

“Hier is absoluut niks, die spelers moet daar agter ’n bos gaan verklee. Dit is ’n skreiende skande met geen logika in die uitleg nie,” sê Loots.

Volgens Sherelda Smith, afrigter van die eens Crane Netbalklub wat nou as Progress Netbalklub be-kendstaan, is hulle baie opgewonde om deel te wees van Progress.

“Ons grootste uitdaging is die onveiligheid en beskadiging van die netbalbaan by die Derrick Ferreira-sportveld,” sê Smith.

Die netbalbaan is in 2017 oorgedoen, maar ledige kinders uit die aangrensende woonbuurt en vandale is besig om duisende rande se skade aan die oppervlak te veroorsaak.

“Die outjies kap name en graffiti op die netbalbaan uit. Hier word ook bottels stukkend gegooi en dit maak dit baie gevaarlik om op die baan netbal te speel,” sê Smith.

Ashenda Makonie, ’n kranige atleet, netbalspeler, -afrigter en bestuurslid van Progress sê sy sal baie graag wil sien dat Progress Netbalklub in die OP-liga, wat Mei begin, sal speel.

’n Gardens rugby-ondersteuner (die aardsvyandklub van Progress) Keeziah Nel, is nou ’n Progress netbalspeler en sê, “Ek sal altyd Gardens se rugby ondersteun, maar Kosie se voorlegging oor hoe hulle ons netbal gaan help het my oorreed om vir Progress netbal te speel. Nou is ek groen (Gardens) binne en blou (Progress) buite.”

  • Progress Netbalklub oefen Maandae tot Donderdae om 17:00 by die Derrick Ferreira-sportveld. Die klub het tans 19 lede en vroue en skoolmeisies wat by die klub wil aansluit kan Sherelda Smith bel by 084 728 0246.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.