SA se eerste 4x4 tuimel-kampioen

2019-04-18 06:01
=Karel Spangenberg slaag met die eerste 360 grade viertrek agteroor tuimel in Suid-Afrika. Fotos:peter henning

=Karel Spangenberg slaag met die eerste 360 grade viertrek agteroor tuimel in Suid-Afrika. Fotos:peter henning

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VLIEëNDE karre en motorfietse het BLG Wings & Wheels-besoekers behoorlik na hulle asems laat snak en vir groot opwinding gesorg.

Die Römer Extreme 4x4 uitdaging om ’n 360 grade agteroor tuimel met ’n viertrek-monster te doen, was die hoogtepunt van die buitelugfees by die Uitenhage-vliegveld.

Karel Spangenberg van Uitenhage het eerste dié waaghalsige truuk met sy 700 perde-krag viertrek-monster, Total Chaos, probeer. Hy het dit reggekry! Nou is hy amptelik die eerste Suid-Afrikaner wat in dié truuk geslaag het.

“Vir maande het ek oor-en-oor die tuimel in my kop deurdink en geoefen. Dit is ’n te groot waagstuk wat jy nie met jou kar kan oefen nie,” sê Karel Spangenberg van die Eastern Cape 4x4 Challenge Club.

“Omdat ek dit visueel so ingeoefen het was ek nie bang nie. Maar toe ek die byna duisend mense om die baan sien , het koue rillings deur my lyf gegaan. Ek dink toe ... ‘Karel wat de dinges doen jy!’”

Maar in sy voorbereiding het hy herhaal-delik die raad gekry dat daar nie ’n breukdeel van ’n sekonde se huiwering in enige van die bewegings mag wees nie.

“So, as jy wegtrek gee jy alles ...voet plat in die hoek. Die gravitasiekrag is iets verskriklik want dit is volspoed teen die vraghouer op, dan skiet jy die lug in en met geweldige momentum tuimel die kar agteroor, neus eerste grond toe voordat dit weer plat land.

“Dit was sekondes. Heeltemal te vinnig om regtig te besef wat gebeur!”

Met die landing van Spangenberg se swaar 2 ton Total Chaos, het hy sy wind uitgeval en die kar het geringe skade by die voorwiele opgedoen, maar dié skade en sy wind was binne 10 minute weer reg.

Gautenger Jacques Swart en navigator Luwell Holtzhausen, Suid-Afrika se voorste 4x4 ekstreem-uitdaagdeelnemer, het in hul veel ligter kar, drie agteroor tuimels gedoen.

Alhoewel Spangenberg slegs een tuimel gedoen het, was dié poging by uitstek die wenpoging.

Dit was ook die aanskoulikste en kragtigste en daarom is hy nou Suid-Afrika se eerste viertrek 360 grade agteroor tuimel kampioen!

“Ek’t voor die tyd gesê ek gaan dit net een keer in my lewe doen. As ek nie slaag nie, het ek probeer. As ek slaag, dan het ek dit gedoen. Maar wragtig nie weer in my lewe nie, dit is regtig baie erg!” sê Spangenberg.

1

2

3

4

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.