Sakekamer: Eskom versleg ekonomie

2019-03-21 06:02
=Nomkhita Mona, uitvoerende hoof van die Nelson Mandelabaai- sakekamer. Foto: Verskaf

=Nomkhita Mona, uitvoerende hoof van die Nelson Mandelabaai- sakekamer. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Nelson Mandelabaai-sakekamer het Maandag ’n beroep op Eskom gedoen om die redes vir die toepassing van die swaar beurtkrag bekend te maak.

Nomkhita Mona, uitvoerende hoof van die sakekamer, sê in ’n verklaring hulle wil ook weet wat Eskom gaan doen om die situasie so gou as moontlik op te los.

’n Vlaag kragonderbrekings heers sedert verlede week, met fase 4-beurtkrag wat Maandag vir ’n derde agtereenvolgende dag ingestel is. Dié kragverskaffer het Sondag in ’n verklaring gesê fase 4-beurtkrag is weens ’n tekort aan kapasiteit.

Fase 4-beurtkrag beteken dat die meeste inwoners tussen agt en tien uur sonder krag kan wees, terwyl kragonderbrekings van twee en ’n halfuur elk, vier keer per dag toegepas word.

Mona sê die feit dat Eskom dit nodig ag om hom tot die “drastiese” kragonderbrekings te wend, dui daarop dat die kragverskaffer ’n noodtoestand bereik het.

“Tog is daar geen deursigtigheid van Eskom oor wat die merkwaardige en skielike tekort aan kapasiteit veroorsaak nie – of hoekom dit so lank neem om ’n oplossing te bewerkstellig nie.”

Sy sê dit lei daartoe dat die ekonomie geknou word.

“Ondernemings kan nie eens hul mees basiese funksies sonder elektrisiteit uitvoer nie. Omdat baie van die ondernemings nie toegerus is om hul eie elektrisiteit te verskaf nie, word eienaars gedwing om hul deure te sluit en ’n groot deel van hul daaglikse inkomste te verbeur.”

Mona meen as dinge so aangaan, sal dit tot permanente sluitings van ondernemings en werkverliese lei.

“Deur Eskom se toedoen is ons as sakelui en inwoners onderwerp aan ’n leefstyl wat onvolhoubaar en onaanvaarbaar is.”

In die Sondagsriviervallei-munisipaliteit, wat onder meer die sitrusdorpe Kirkwood en Addo insluit, veroorsaak beurtkrag chaos vir sakelui, asook in die landbou en diensleweringsektore, sê Flippie Ehlers, voorsitter van die Sondags- riviervallei-sakekamer.

Volgens hom kos dit sowat R600 per uur om ’n kragopwekker vir ’n pakhuis of sy supermark aan te hou.

“Die besproeiingsboere sukkel net so en dit is twee maande voor die oes. Die vrugte moet nou water kry omdat die grootte van die vrugte belangrik is.”

Hy sê sowat 80% van sitrusboere het nie kragopwekkers om te besproei nie.

Sake word verder vererger deur die afwesigheid van bystand-kragopwekkers by die munisipaliteit se water- en rioolaanlegte.

Volgens Ehlers kom die pompe dus tydens kragonderbrekings tot stilstand en kan geen water na reservoirs in die gemeenskappe gepomp word of na die rioolaanlegte nie.

“Dit veroorsaak heelwat blokkasies aan die rioolstelsel, omdat daar geen water deurgaan om die afval af te voer nie.

“Dit is absolute krisisbestuur, wat miljoene rand kos.”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.