Sanggroep onder top vyf in Mandelabaai

2018-03-22 06:00
=Die Christos Dunamai Sanggroep van Uitenhage is benoem as een van die top 5 geestelike sanggroepe in Nelson Mandelabaai. Van links is Verney Claassen, Rhonwen Claassen, Cyril Stuurman, Chris Ressouw en Sebastian “Bassie” Human. Afwesig: Andries Phillips en Eugene Daniels.                                                 Foto:VERSKAF

=Die Christos Dunamai Sanggroep van Uitenhage is benoem as een van die top 5 geestelike sanggroepe in Nelson Mandelabaai. Van links is Verney Claassen, Rhonwen Claassen, Cyril Stuurman, Chris Ressouw en Sebastian “Bassie” Human. Afwesig: Andries Phillips en Eugene Daniels. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Christos Dunamai Sangers van Uitenhage is benoem as een van die top vyf gospel kore in Nelson Mandelabaai en sal einde Mei, tydens ’n glansgeleentheid in die Veremarksaal, hoor of hulle met die louere gaan wegstap!

Twee bekroonde plaaslike gospelsangers, Dougie Roman en Chris Ressouw, wat 49 jaar gelede die Christadelphians sanggroep gestig het en onderskeidelik as leier asook afrigter oor baie dekades in die groep gedien het, staan deesdae aan die voorpunt van die Christos Dunamai Sangers.

Die res van die groep bestaan uit Verney Claassen, Cyril Stuurman, Rhonwen Claassen, Eugene Daniels, Andries Phillips en Bassie Human. Alhoewel die groep nog jonk is, het hulle ’n bedrywige program propvol optredes wat wag.

Volgens Ressouw gaan die sangers oor Paasnaweek toer na Klawer, Piketberg en Montagu en later in April besoek hulle Kimberley, Kuruman, Oudtshoorn en Kaapstad.

“Oor Paasnaweek gaan ons ons splinternuwe gospel CD met die titel Be my Protector bekendstel as-ook ons Kersfees DVD saam met die sangpaar Patrick en Shuyling Lindoor,” sê Chris Ressouw.

Die titellied van hul CD is geskryf deur Verney Claassen wie ook die voorsanger van hierdie lied is.

Ressouw sê plaaslik beplan hulle ’n Moedersdagkonsert vroeg in Mei by die Allanridge gemeenskapsaal.

“Dié konsert is ter verering van vroue oor die algemeen maar moeders in die besonder,” sê Ressouw.

Later vanjaar, gedurende Oktober, gaan Christos Dynamai Sangers ’n spesiale program aanbied as deel van ’n kanker bewusmakingsveldtog in samewerking met die Kankervereniging van Suid-Afrika en fondse is ook ten bate van hierdie organisasie.

Gabriel Global Gospel Awards het die sangers benoem as een van top vyf geestelike kore in Nelson Mandelabaai en die glansge-leentheid waartydens wenners aangekondig word sal op 26 Mei in die Veremarksaal gehou word.

  • Vir meer inligting oor die Christos Dunamai Sangers bel Verney by 084 323 7723 of Chris 082 947 0444; of e-pos verneyclaassen @gmail.com of chrisresssouw@gmail.com

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.