Sentrum vir kinder-slagoffers hou spogtee

2017-08-10 06:02
=Monique Haven Victim Support Group se lede (van links) Linda, Elma, Danny, Louisa, Charmaine en voor is Michelle.  Foto:VERSKAF

=Monique Haven Victim Support Group se lede (van links) Linda, Elma, Danny, Louisa, Charmaine en voor is Michelle. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Monique Haven Victim Support Centre, ’n nie-winsgewende organisasie wat sedert 2002 hulp verleen aan kinders wat slagoffers is van geweld en verkragting, hou eerskom-ende Saterdag ’n fondsinsameling.

“Monique is die naam van die dogtertjie wat hier in ons gemeenskap uit haar warm bedjie in haar ouerhuis gehaal is en deur ’n misdadiger verkrag en vermoor is,” sê Danny Jacobs voorsitter van die ondersteuningsgroep.

Die groep is werksaam in Khayamnandi, Reservoir Hills, Daleview, Despatch, Joe Slovo, Nkandla, Marakana en die hele Wyk 41 en 52. Hulle help op verskeie maniere met bv. kospakkies en klere.

“Ons werk hand-aan-hand met die verskillende departemente en ook die polisie en gemeenskapspolisiëring en doen verwysings van slagoffers,” sê Jacobs.

Hy sê alhoewel die groep ondersteun word deur die departement van welsyn, is dit vir hulle nodig om self ook fondse in te samel. Daarom word ’n spogtee Saterdag gehou.

  • Die spogtee word Saterdag om 15:00 in die Despatch Stadsaal gehou. Kaartjies is R80. Vir meer inligting of om kaartjies te koop bel Danny Jacobs 084 246 1281 of Elma Saalman 074 331 8823. (-Heilie Combrinck)
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.