Sewe dae op fiets om skoolbus weer te laat ry

2019-11-14 06:00
’n Fietsuithourit van sewe dae word op Uitenhage gehou ten bate van Laerskool Winterberg en die droogtegeteisterde Graaff-Reinet. Hier is (van links) Randall Mapoe (skoolhoof van Laerskool Winterberg), Johan Oosthuizen (Fuel on Wheels), Jayden Oosthuizen, Ronelle Oosthuien (Fuel on Wheels) en JP Woest (Woga-sekuriteit). Foto:HEILIE COMBRINCK

’n Fietsuithourit van sewe dae word op Uitenhage gehou ten bate van Laerskool Winterberg en die droogtegeteisterde Graaff-Reinet. Hier is (van links) Randall Mapoe (skoolhoof van Laerskool Winterberg), Johan Oosthuizen (Fuel on Wheels), Jayden Oosthuizen, Ronelle Oosthuien (Fuel on Wheels) en JP Woest (Woga-sekuriteit). Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SEWE dae se fietsry – minstens 300 km per dag – deur Uitenhage se strate om ’n skoolbus weer in rybare toestand te kry . . .

En as die bus weer aan die ry is, sal Johan Oosthuizen stééds aan die trap bly, want vir hierdie langasem fietsryer hou welwillendheidsprojekte net nooit op nie.

Oosthuizen noem hoeka kos en water in dieselfde asem as die skoolbus wat weer aan die ry moet kom.

“Ek wil ten minste 300km per dag ry. Dit is nie normaal nie, maar normaal is boring en geeneen van ons projekte mag boring wees nie,” sê Johan Oosthuizen, ’n lid van Fuel on Wheels, ’n nie-winsgewende groep wat ’n positiewe verskil in die gemeenskap help maak.

Plaaslike verkeersbeamptes sowel as Woga-sekuriteit sal op bystand ter wille van verkeersveiligheid wees.

Die begunstigdes van dié fiets-uithourit is die Laerskool Winterberg (die skoolbus) boere en hul diere wat in die wurgende droogte moet probeer oorleef, asook die inwoners van Graaff-Reinet wie se dorpsdam nou dolleeg is.

Fietsryers sowel as stappers word genooi om teen ’n donasie saam te ry of stap vir soveel rondes as wat hulle wil. Buiten die publiek, word die gewilde LuisterFM! radio-aanbieder, Gerrit de Jager, ook uitgedaag om deel te neem.

“Gertjie se mond is soos altyd drie bar gepomp. Nou daag ek hom amptelik uit om 50km saam te trap. As hy twee ekstra rondes doen, beteken dit R500 ekstra vir die projek!”

Winterberg-bus

Laerskool Winterberg se skoolbus (’n 1982-model met slegs 37 000km op die klok) staan al vir jare stil weens omdat daar nie genoeg geld beskikbaar is vir meganiese herstelwerk nie.

“Met die hulp van verskeie rolspelers en plaaslike sakelui, het Fuel on Wheels met herstelwerk begin. Die koste beloop R17 000, en ons kort nog R4 000.

“Ek glo die publiek sal ons met donasies ondersteun vir die fiets-trappery … en so sit ons almal weer die skoolbus op die pad.”

Kospakkie-projek

Laerskool Winterberg voorsien daagliks ’n getal leerders van kos.

Fuel on Wheels het by ’n R15- kospakkieprojek betrokke geraak en die fietsuithourit dien dus ook om geld vir die skunking van kos-pakkies hiervoor in te samel.

Droogtehulp

Die derde rede vir Oosthuizen se weeklange fietstrap is om water in te samel vir mens en dier in Graaff Reinet.

Die publiek word versoek om vyf liter water te skenk wat na dié Karoo-dorp geneem sal word.

Hoe help ek?

Inwoners kan saam fietsry of stap teen ’n donasie, geld skenk vir die kospakkie-projek of water bring vir die droogte-projek.

Die “Groot Trap” se basis vir die week is Majestic Sports Bar op die hoek van Joubertstraat en Graaff-Reinetweg.

Dit is hier wat Oosthuizen en sy mede-fietsryers Sondag om 12:00 wegtrek en sewe dae later, Saterdag, 23 November, gaan stop. Be-kende sangers soos Juan Boucher, Deon Groot en Ivan Roux sal ekstra luister aan Saterdag se openingseremonie verleen. Vir die duur van die fietsuithourit sal worsrolletjies by die basis op die Majestic Sports Bar-perseel te koop aangebied word.

Vrydag, 22 November is dit Jayde (Inngs) se verjaardag. Dié onderwyseres van Uitenhage is in 2017 vermoor.

“Vrydag trap ek ter herinnering aan haar,” sê Oosthuizen, “Sy sal altyd deel wees van my welwillendheids-fietsryprojekte tot ek nie meer kan fietsry nie.”

  • Vir meer inligting oor deelname en skenkings bel Ronelle by 083 588 4838.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.