Silwer sewes-span lewer twee OP-spelers

2018-10-04 06:01
=Hier is Brandwag se span wat by Andrew Rabie deelgeneem het. Agter van links Eaden Tait, Chesney Rudman, Monré Fourie, Vian Beling, Ryben Dupont en De Wet Alberts. Voor is Octavian Muller, Tyrone McCree, Wyrine Human, Pitrianos Matabielie, Terrence Goliath en Mark Roos.                       Foto:CALEB DRYDEN

=Hier is Brandwag se span wat by Andrew Rabie deelgeneem het. Agter van links Eaden Tait, Chesney Rudman, Monré Fourie, Vian Beling, Ryben Dupont en De Wet Alberts. Voor is Octavian Muller, Tyrone McCree, Wyrine Human, Pitrianos Matabielie, Terrence Goliath en Mark Roos. Foto:CALEB DRYDEN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KONSEKWENTE goeie spel het aan die Hoërskool Brandwag se sewesspan twee silwermedaljes en twee plekke in die OP o.17-span besorg.

Brandwag was die naaswenners van die OP-rugbyunie se hoërskole-toernooi wat onlangs by die Hoërskool Andrew Rabie in Port Elizabeth aangebied is. Daniel Pienaar het in die doodsnikke die finaal 21-14 gewen.

Brandwag het tydens dié toernooi vernietigende spel opgelewer met oorwinnings oor Nico Malan (31-0), Bertram (38-0), Cillie (38-7) en Solomon Mahlangu (54-0). In die semifinaal het Brandwag 31-12 teen Framesby gewen.

Twee weke tevore het Brandwag se o.17’s ook goeie spel by die Langerry-Sewestoernooi by Framesby opgedis. In die laaste rondes van dié toernooi het Brandwag vir Framesby in die kwarteindronde 21-17 gewen en Daniel Pienaar 17-12 in die semifinaal geklop. Brandwag het eindelik met silwermedaljes weggestap nadat Grey die finaal beklink het.

Octavian Muller en Terrence Goliath se goeie spel is beloon met hulle insluiting by die OP o.17-sewesspan. Tydens die rugbyseisoen het Octavian diens gedoen as vleuel terwyl Terrence op senter uitgedraf het. Octavian het vanjaar vir Brandwag se eerste rugbyspan ’n merkwaardige gemiddeld van ongeveer twee drieë per wedstryd gehand-haaf.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.