Simfonie in Addo onder die sterre

2016-11-10 06:01
=Ereveldwagters van die Addo nasionale olifantpark hou dié naweek ’n simfonie-konsert onder die sterre by die Addo olifantpark. Hier luister Judy Bouwer (regs) met verwondering hoe Tarryn Lovemore (naaslinks) en Nina Lockhart (naasregs) solank oefen vir dié geleentheid.                    Foto: VERSKAF

=Ereveldwagters van die Addo nasionale olifantpark hou dié naweek ’n simfonie-konsert onder die sterre by die Addo olifantpark. Hier luister Judy Bouwer (regs) met verwondering hoe Tarryn Lovemore (naaslinks) en Nina Lockhart (naasregs) solank oefen vir dié geleentheid. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Viergang-maaltyd en glansryke simfonie onder die sterre sal dié naweek die nuutste hou teen stropers by die Addo nasionale olifantpark wees.

Dié geleentheid, wat Saterdag onder die titel “Strings on Safari” by Addo aangebied word, sal dien as fondsinsameling vir die park se ereveldwagters, wat jaarliks ’n reuse bydrae tot bewaring in dié park maak.

Die ereveldwagters-groep is reeds 110 mense sterk en het vanjaar nagenoeg R2,5 miljoen ingesamel ter wille van dié saak, het Theo Ferreira, een van dié vry- willigers, vertel.

“Elkeen van ons gee gratis ons tyd, voertuie en brandstof om bewaring by Addo te steun,” sê Ferreira. “Insameling is slegs een van ons funksies, en dan sorg ons ook dat die fondse aangewend word vir spesifieke projekte.”

Hul insameling het egter ’n reuse hupstoot gekry, omdat Absa in ’n japtrap al 60 kaartjies vir hul buitelugkonsert – met 18 plaas- like klassieke kunstenaars – en ete opgeraap het. Die aand sluit ook ’n wildrit in.

“Ons wou iets uniek en eksklusief skep, want anders kon ons eintlik net ’n saal gehuur het vir die ete. Nou is dit eerder ’n ervaring – en as dit reën, is dit deel van die ervaring.”

Die gaste hoef ook nie bekommerd te wees dat hul ervaring met die groot vyf té persoonlik sal wees nie, voeg hy speels by. “Elkeen sal hul viergang-maal rustig kan geniet. Die wilde diere is naby, maar gelukkig hou olifante nie juis van gekookte kos nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.