Sindikaat dalk agter vrugtediefstal

2019-02-14 06:00

’n GESOFISTIKEERDE misdaadsindikaat sit vermoedelik agter die miljoene rande se skade wat aan vrugteboorde in die Addo-distrik gerig word.

Volgens Hannes de Waal, hoofbestuurder van die Sondags- rivier Koöperasie, het hierdie misdadigers al verskeie kere toegeslaan.

“Hulle verniel en verwoes die vrugteboorde en steel ook van die vrugte wat nog nie eens ryp is nie. Heinings word ook voor die voet gesteel,” sê De Waal

Boere beweer vragmotors, bakkies en spanne stropers word gebruik om die boorde leeg te pluk. Verlede jaar het ’n boer meer as 6 ton suurlemoene ter waarde van meer as R66 000 in een middag verloor.

Volgens Bobby Stevenson van die DA is hy deur boere meegedeel dat die plundering reeds miljoene rande beloop.

“Die boere glo dit is ’n hoogs gesofistikeerde misdaadsindikaat wat agter hierdie plundering en diefstal sit. Die boere is gefrustreerd dat die plaaslike polisie nie met hul ondersoeke kan hond haaraf maak nie.

“Die boere het ook versoek dat ’n taakspan hier op die been gebring moet word om die oortreders aan te keer.”

Stevenson het onderneem om vrae in die provinsiale wetgewer te vra oor wat die polisie kan doen om die plundering op te los en ’n herhaling te voorkom. Hy sal ook die aangeleentheid met senior polisieamptenare bespreek.

“Die boere beweer dat die modus operandi van die sindikaat is om ’n groot vragmotor te gebruik, wat groepe van tot 10 mense laat in die nag by verskillende plase aflaai. Die vragmotor kom dan later terug om die buit en die spanne op te laai.

In die proses word besproeiingsinfrastruktuur glo ook beskadig en besproeiingspype verwyder.

“Wat hier aan die gebeur is, is nie ’n geïsoleerde geval van diefstal nie, maar ’n goed georganiseerde sindikaat wat die sitrusbedryf baie benadeel en daarmee saam ook die verlies aan baie werkgeleenthede,” aldus Stevenson.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.