Skadelike plastiekkorrels spoel nou ook uit op Baai se strande

2017-11-16 06:01
Van die plastiekkorreltjies wat reeds vroeër elders in die Oos-Kaap uitgespoel het.

Van die plastiekkorreltjies wat reeds vroeër elders in die Oos-Kaap uitgespoel het.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die plastiekkorrels wat in ’n ongeluk op 10 Oktober in die Durban-hawe in die see beland het, het ook nou op die Baai se strande begin uitspoel.

Drie vragskepe van die Mediterranean Shipping Company (MSC) het weens ’n “fratsgolf” teen mekaar in die hawe gebots.

Een van die vragskepe, die Susanna, het ’n deel van haar vrag in die storm verloor en die plastiekkorreltjies, wat reeds op verskeie plekke langs die KwaZulu-Natalse en Oos-Kaapse kus uitgespoel het, is nou ook op Humewood in Port Elizabeth opgemerk.

Die klein plastiekkorreltjies in hulle rou vorm word gebruik vir die vervaardiging van plastiekware. Dit is veral skadelik vir diere, visse en voëls wat dit vir kos aansien.

Die uShaka Sea World in Durban, die akwarium in Oos-Londen, Bayworld in Port Elizabeth en die Two Oceans-akwarium in Kaapstad het nou kragte saamgesnoer om te probeer om die probleem op te los.

In Port Elizabeth kan mense wat die plastiekkorreltjies optel dit van Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 16:00 in die groot swart drom by die ingang van die kaartjieskantoor van Bayworld gaan stort.

Indien moontlik moet die gebied waar dit opgetel of gesien word, gefotografeer word en inligting, soos waar en wanneer dit opgetel is en of daar min of baie in dieselfde gebied opgemerk is, op die Friends of Bay­world en die Algoa Bay Hope Spot se Facebook-blad geplaas word sodat ’n impakstudie daaroor gedoen kan word.

Die beste toerusting om te gebruik om dié plastiekkorreltjies te versamel is ’n groen of swart skadunet of ’n swembadnet van 1 m² en ’n tien- of 20 liter-emmer met water. Plaas dit verkieslik in ’n sak wat kan verseël en gee dit af by Bayworld. Mense wat wil help om die korreltjies te versamel, moet te alle tye hul veiligheid eerste stel.

  • Bel Dylan Bailey, kurator van Bayworld, by 072 178 9769 vir meer inligting.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Business Development Manager

Western Cape
Tumaini Consulting
R520 000.00 - R620 000.00 Per Year

Investment Associate

Cape Town
Mass Staffing Projects
R620 000.00 - R780 000.00 Per Year

C# Developer

Cape Town
Goldman Tech Resourcing
R300 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.