Skeidsregter van Despatch blaas in Kiwi-land Blaser van SA oppad na groot netbal

2016-10-13 06:00
=Theresa Prince van Despatch in aksie tydens die 2016 Brutal Fruit netbal premier liga-wedstryde vroeër vanjaar. Sy is nou in Nieu-Seeland waar sy by die Constellation Cup blaas.      Foto: CHRISTIAAN KOTZE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Om net een blaas op jou fluitjie te gee en daarmee van die wêreld se beste netbalspelers in hul “foutspore” op die baan te stuit, is bitter min skeidsregters beskore.

Maar Theresa Prince van Despatch is een van ’n handjievol Suid-Afrikaanse skeidsregters wat internasionale gradering het. Sy is oor die jare uitgenooi om by ál die groot internasionale netbaltoernooie diens te doen.

Prince het onlangs by die Diamant-uitdaag-reeks in Durban geblaas waar Suid-Afrika meegeding het met Uganda en Zimbabwe.

Maar kans vir asemskep is daar nie, want sy is nou op uitnodiging in Australië waar sy die fluitjie blaas in die Constellation-bekertoernooi, waarin Australië en Nieu-Seeland mekaar die stryd aansê. Dit word beskou as dié aanskoulikste netbal-kragmetings.

“Dit is enige skeidsregter se droom om hier te blaas,” sê Prince. “Dit is die room van netbal. Maar spelers van dié topwêreldspanne toets jou vermoë tot die uiterste.”

Haar medeskeids-regters is Jackie Mizon van Engeland en Terrence Peart van Jamaika. Wedstryde is op 9 en 12 Oktober in Sydney en Launceston gespeel en dan op 15 en 20 Oktober in Auckland en onder in die suide van Nieu-Seeland by Invercargill.

Op 29 en 30 Oktober is sy ook skeidsregter in Melbourne by die blitsvinnige Fast 5-reeks.

“Ek voel geseënd. Al het ek al die groot toernooie op my kerfstok, bly dit lekker om na ge-sogte toernooie genooi te word. Dit is net jammer dat netbal nie ’n Olimpiese sport is nie,” sê sy.

Terug by die huis is Prince verbonde aan die Hoërskool Despatch waar sy bemarking doen vir die skool.

“Ek wil graag erkenning gee aan die skool en die hoof, Colin Bartle, wat my dit gun om vir ’n maand my passie uit te leef langs die internasionale netbalbane.”

Om net een blaas op jou fluitjie te gee en daarmee van die wêreld se beste netbalspelers in hul “foutspore” op die baan te stuit, is bitter min skeidsregters beskore.

Maar Theresa Prince van Despatch is een van ’n handjievol Suid-Afrikaanse skeidsregters wat internasionale gradering het. Sy is oor die jare uitgenooi om by ál die groot internasionale netbaltoernooie diens te doen.

Prince het onlangs by die Diamant-uitdaagreeks in Durban geblaas waar Suid-Afrika meegeding het met Uganda en Zimbabwe.

Maar kans vir asemskep is daar nie, want sy is op uitnodiging nou in Australië waar sy die fluitjie blaas in die Constellation-bekertoernooi, waarin Australië en Nieu-Seeland mekaar die stryd aansê. Dit word beskou as dié aanskoulikste netbal-kragmetings.

“Dit is enige skeidsregter se droom om hier te blaas,” sê Prince. “Dit is die room van netbal. Maar spelers van dié topwêreldspanne toets jou vermoë tot die uiterste.”

Haar medeskeidsregters is Jackie Mizon van Engeland en Terrence Peart van Jamaika. Wedstryde is op 9 en 12 Oktober in Sydney en Launceston gespeel en dan op 15 en 20 Oktober in Auckland en onder in die suide van Nieu-Seeland by Invercargill.

Op 29 en 30 Oktober is sy ook skeidsregter in Melbourne by die blitsvinnige Fast 5-reeks.

“Ek voel geseënd. Al het ek al die groot toernooie op my kerfstok, bly dit lekker om na gesogte toernooie genooi te word. Dit is net jammer dat netbal nie ’n Olimpiese sport is nie,” sê sy.

Terug by die huis is Prince verbonde aan die Hoërskool Despatch waar sy bemarking doen vir die skool.

“Ek wil graag erkenning gee aan die skool en die hoof, Colin Bartle, wat my dit gun om vir ’n maand my passie uit te leef langs die internasionale netbalbane.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 
Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.