Skenk bloed en red ‘drie lewens’

2019-04-25 06:01
<Skenk bloed en maak ’n verskil aan ’n ander se lewe. Van links is Lizé Saunders (Pay it Forward), Jaycee Jeyi (SANBS), Sonja du Preez (Pay it Forward) en Anneli Gouws (Pay it Forward) by Keith Geswindt wat sy 40ste eenheid bloed geskenk het. Keith het moontlik al 120 mense se lewens kon red met sy bloed.Foto:HEILIE COMBRINCK

<Skenk bloed en maak ’n verskil aan ’n ander se lewe. Van links is Lizé Saunders (Pay it Forward), Jaycee Jeyi (SANBS), Sonja du Preez (Pay it Forward) en Anneli Gouws (Pay it Forward) by Keith Geswindt wat sy 40ste eenheid bloed geskenk het. Keith het moontlik al 120 mense se lewens kon red met sy bloed.Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JY kan tot drie lewens red deur slegs een eenheid bloed te skenk!

Bloedskenk is op die lys van Pay it Forward goed-doen-dinge om die week te doen.

Pay it Forward strek oor die volgende 30 dae waarop inwoners van Despatch, Uitenhage, Addo en Kirkwood uitgedaag word om daag-liks ’n eenvoudige welwillendheidstaak uit te voer.

“Die projek gaan om ’n verskil aan ander se lewens te help maak,” sê Lizé Saunders, ’n mede-organiseerder van die Pay it Forward wat deel is van die Christusfees.

“Dit is dikwels die klein eenvoudige dingetjies, wat ons nie doen of sê nie, wat ’n groot verskil aan ’n ander mens se lewe kan maak.”

Bloedskenk - maklikste manier om lewe te red

Om bloed te skenk neem ’n uur uit jou dag en is een van die maklikste maniere om iemand se lewe te red.

Enigeen tussen die ouderdomme 16 en 65 kan bloedskenk, solank hulle aan die skenker-vereistes voldoen.

’n Mens kan elke 56 dae bloed skenk en die O-bloedgroep is die veelsydigste en is die nodigste.

Bloed kan vir ’n beperkte tyd gebêre word en daarom is gereelde skenkings noodsaaklik.

Algoa Toyota vervoer na bloedbank

Daar kan op Donderdae bloed geskenk word by die Uitenhage Bloedbank in Billsonstraat.

Algoa Toyota gaan ñ voertuig beskikbaar stel om bloedskenkers in die Despatch en Uitenhage omgewing na die UItenhage bloedbank te neem én weer terug te besorg.

Dié week se lys van goed-doen-dinge, is in vandag se uitgawe van die UD Express op bladsy 8 gepubliseer.

  • Vir meer inligting oor Pay it Forward bel Lizé Saunders by 082 788 1201, Sonja du Preez 079 337 1840 of gaan kyk op die Payitforwardchristusfees Facebook-blad vir volledige inligting.
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.