Skool vir die toekoms sonder matriek

2018-03-15 06:01
=Bergsig Skool is vanjaar 60 jaar oud. Die skool staan sy plek volwaardig vol in die gemeenskap. Hier is Bergsig skoolhoof Deon Wolmarans by ’n kunswerk deur een van die leerlinge, wat juis dié betrokkenheid in die gemeenskap uitbeeld.                Foto:HEILIE COMBRINCK

=Bergsig Skool is vanjaar 60 jaar oud. Die skool staan sy plek volwaardig vol in die gemeenskap. Hier is Bergsig skoolhoof Deon Wolmarans by ’n kunswerk deur een van die leerlinge, wat juis dié betrokkenheid in die gemeenskap uitbeeld. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“Mense se hande is deesdae rond, hulle kan net penne en selfone vashou. Ons met meer hande nodig wat Suid-Afrika kan help opbou, wat kundig is in goed soos loodgieterwerk, herstelwerk, verf of om tegniese diens te lewer.”

So sê Deon Wolmarans, skoolhoof van Bergsig Skool op Uitenhage, een van min skole in die land waar méér werkswinkels gebou word om die groeiende getal tegniese-leerlinge te akkommodeer.

Bergsig Skool het in 1958 met 24 leerlinge in die skoolbanke begin en vandag 60 jaar later staan die getal op 619 leerlinge.

“Bergsig leerlinge kry dieselfde blootstelling as kinders in hoofstroomskole. Ons leerlinge presteer ook in akademie, kultuur, sport en buitemuurs,” sê Wolmarans, die vierde skoolhoof sedert die skool se beginjare.

“Die verskil is, ons skool is ’n skool met ge-leenthede en ons leerlinge behaal sukses sonder matriek. In die LSEN skole word leerlinge geskool in 12 tegniese rigtings waarin hulle na-skool in beroepe verdere opleiding ontvang. Hulle kan ook in hoofstroomskole hul graad 11 en 12 voltooi indien hul akademiese punte goed genoeg is.”

Onderwysstelsel vaal SA

Wolmarans sê die getal Bergsig-aansoeke neem jaarliks toe. Einde 2017 het meer as 700 leerlinge aansoek gedoen om by Bergsig skool te gaan. Om die rede is die planne deur die departement van onderwys goedgekeur dat daar verskeie nuwe klaskamers en werkswinkels by Bergsig gebou word.

“Dié vraag is as gevolg van die land se swak onderwysstelsel. ’n Leerling mag net een jaar ’n fase druip, die daaropvolgende jaar word hy of sy aangeskuif. Wat leer ’n kind as hy of sy bloot net aangeskuif word as hy of sy druip? Dit beteken die onderwysstelsel vaal Suid- Afrika,” sê Wolmarans.

Meeste LSEN werkswinkels in land

“Elke jaar begin so gemiddeld 1.2 miljoen leerlinge met graad 1. Twaalf jaar later skryf ongeveer 450 000 leeringe matriek. Van dié 450 000 kry ’n gemiddeld van net 17% universiteitstoelating en van dié 17% voltooi net die helfde hulle graad of diploma.

“As mens na hierdie statistieke kyk, besef jy hoe broodnodig is LSEN skole vir leerlinge wie se sterkte in tegniese vaardighede is.

“Suid-Afrika het mense nodig wat motors kan bou, wat huise kan bou en wat tegniese dienste kan lewer om so ’n gemeenskap en die land te help opbou,” sê Wolmarans.

Om in dié ideaal te voorsien, het Bergsig goedkeuring gekry om 16 nuwe klaskamers en 5 werkswinkels te bou.

“Dit beteken dat Bergsig 17 werkswinkels sal hê, die meeste werkswinkels by ’n LSEN skool in Suid-Afrika. Dan is ons reg om 900 leerlinge op te lei om hul plek vol te staan in tegniese beroepe, iets waarin die land ’n groot tekort het,” sê Wolmarans.

Die skool spog ook deesdae met twee vroue as adjunkhoofde naamlik Luana Bester en Jody Nel.

Oor die afgelope 59 jaar het 5 086 leerlinge met sukses hulle graad 10 aan Bergsig voltooi. Die lys van suksesvolle sakemanne en -vroue, entrepreneurs en oud-leerlinge wat in professionele beroepe is, is lank. Dit sluit onder meer oud-leerlinge in soos Árthur Bownes, Andew Bennett, Kenneth Botha, Berneace Coetzer, Deon van Loggerenberg, Schalk du Toit, Stefanus van der Merwe en Denise de Lange.

“As dit nie vir Bergsig was nie, sou baie van ons oud-leerlinge nooit die sukses bereik het wat hul wel bereik het nie,” sê Wolmarans.

Bergsig se beginjare

Aanvanklik was klasse vir leeringe met spesiale leerbehoeftes in drie Uitenhage laerskole geakkommodeer. Dié skole was laerskole Innes, Dolley en Jordan Primêre Skool (nou Handhaaf). Die eerste volwaardige Spesiale Middelbare Skool was by die destydse Dolley skool ingerig. Die palmboom waaronder die eerste skoolfotos geneem is, staan steeds teen die hange in Youngstraat.

Presteerders op vele vlakke

Op kultuurgebied floreer Bergsig se leerlinge. Gedurende 2014 het ’n kunsleerling, Nkosi Kilana, deurgedring na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Rustenburg waar 1 500 deelnemers van dwarsoor Suid-Afrika hul talente gedeel het. Hyis vergesel deur kunsonderwyser Luana Bester en Nkosi was een van die vyf kategorie-wenners en is aangewys om Suid-Afrika in die VSA te verteenwoordig.

“Bergsig-leerlinge neem jaarliks aan kompetisies deel waar hoofstroomskole ook teenwoordig is. Bergsig staan beslis nie terug in die gemeenskap nie en vervul ’n waardevolle bydrae op kuns en kultuurgebied in die gemeenskap,” sê Wolmarans.

Op sportgebied het Bergsig die afgelope 10 jaar, onder leiding van afrigters Leon Welgemoed en Pieter Prins, 10 rugbyspelers in die Suid-Afrikaanse LSEN rugbyspan gehad. Vir twee agtereenvolgende jare was Bergsig se netbalspan, met Jody Nel as afrigter, die top LSEN span. In 2017 het 5 atlete van Bergsig aan die SA atletiekkampioenskappe deelgeneem. Op die krieketveld is daar ook jaarlikes spelers wat op nasionale vlak presteer en in 2017 was die Oos-Kaap LSEN krieket die beste in die land.

60-jaar Vieringe

Verskeie sport- en kultuur-aktiwiteit word deur die jaar aangepak ter viering van die skool se 60ste jaar.

Eerskomende naweek word ’n sporttoernooi aangebied met besoekende skole van regoor die land.

Die hoogtepunt van die vieringe is op 12 Oktober 2018 wanneer Bergsig se stigtingsdag gevier word. Op 26 November bied Bergsig hul gewilde Kerstee aan waar ’n verskeidenheid items wat deur leerlinge vervaardig is te koop aangebied word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.