Skouhuisborde word nou prooi van diewe

2016-04-21 06:00

Skouhuisborde van ’n paar eiendomsagente op Uitenhage blyk nou diewe se nuwe teiken te wees.

’n Groot aantal van dié borde, wat onderskeidelik aan Pam Golding en Harcourts behoort en op strategiese plekke in die dorp geplaas word as aanwysings vir potensiële kopers, is glo die afgelope twee naweke hier gesteel.

Volgens Petro de Klerk, ’n verkoopsagent van Pam Golding Properties, het hulle verlede naweek nege borde verloor en die afgelope naweek 14.

“Hierdie diefstal is vir ons ’n baie groot probleem. Ons verloor potensiële besigheid omdat die voornemende kopers nie die roetes na ’n eiendom kan volg vir besigtiging nie. Die moeite en tyd wat deur die verkoper en die agent ingesit is, gaan verlore en verkopers raak moedeloos as daar niemand vir ’n skouhuis opdaag nie,” het sy gesê.

“Dit is ook ’n groot finansiële verlies aangesien dit ongeveer R100 kos om ’n bord te vervang,” het sy bygevoeg.

Die borde raak glo op al die hoofroetes weg.

“Ek glo nie die booswig besef hoeveel skade hy die agent en agentskap berokken nie. Dis jammer om te sien dat mense nie mekaar se eiendom en verdienste respekteer nie,” het De Klerk gesê.

Harcourts se tak op Uitenhage ondervind dieselfde probleem, maar anders as Pam Golding-hulle, bestee hulle R150 om ’n bord te vervang.

Volgens die Harcourts-span het hulle besluit om saam met Pam Golding Properties te staan om hierdie diefstal te probeer bekamp, ondanks die feit dat hulle mededingers is. Dié twee agentskappe bied dus elk ’n beloning van R1 000 aan enige persoon wat die diewe kan vastrek.

Die polisie raai die agentskappe aan om ’n strafregtelike saak aanhangig te maak. Volgens lt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sal die polisie slegs skrootwerwe kan besoek om uit te vind of die rame van die gesteelde borde dalk verkoop is wanneer daar ’n saak geopen is.

  • Enigeen wat oor inligting beskik kan Harcourts se verkoopsdirekteur, Ruben Pape, bel by 082 588 7465, of Pam Golding se takbestuurder, Jaco Bothma, by 079 135 9470.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.