Smokkelhandel: R18 miljoen se sigarette gekonfiskeer

2017-10-26 06:00
Polisielede konfiskeer smokkelsigarette. Foto: Verskaf

Polisielede konfiskeer smokkelsigarette. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In wat as die grootste klopjag tot nog toe op die smokkelhandel in sigarette in die Oos-Kaap beskryf word, het die polisie op sowat R18 miljoen se sigarette beslag gelê.

Die polisie op Uitenhage en in Port Elizabeth het op inligting gereageer en ses mans aangekeer. Hulle word aangekla van bedrog, die oortreding van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte asook die oortreding van die Wet op Inkomstebelasting.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê vier mans sal binnekort in die landdroshof op Uitenhage en twee in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Janse van Rensburg sê die klopjag, bekend as Operasie Peregrinus, is verlede week met die samewerking van verskeie polisie- eenhede uitgevoer in ’n poging om die verspreiding van smokkelsigarette te stuit.

Die polisie het op verskeie winkels toegeslaan. Daar is op net meer as R2 miljoen se kontant beslag gelê en altesaam 1 750 bokse met sigarette is gekonfiskeer. Die straatwaarde van die sigarette word op sowat R18 miljoen geraam.

“Dit is die grootste slag teen smokkel- sigarette in die provinsie en die handelaars sal dit voel,” sê lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.