Sonop netbal op pad na nasionale kampioenskappe

2017-06-15 06:01
<Metrokampioene: Laerskoop Sonop se o.13A netbalspelers (agter van links) Dané Kruger, Kaylee van Dyk, Joanique Spies, Ninke Barnard en Nadine Luiters. Voor sit Mieke de Kock, Marli Kruger, Reze Coetzer en Danika Marais.                            Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sonop se o.13A netbalspelers is op pad na die Nasionale Netbalkampioenskappe in Boksburg waar hulle die Oos-Kaap se naam gaan hoog hou in hul kragmetings teen die ander top spanne van die land.

Netbalorganiseerder van Laerskool Sonop en afrigter van die o.13A span, Desireé Brummer sê die span het ’n uitstekende netbalseisoen en het al die spanne in die Uitenhage/Despatch-streek geklop, waarna hulle ook as die Metrokampioene gekroon is.

Daarna het hulle aan die Oos-Kaapse Kampioenskappe in Oos-Londen deelgeneem waar hulle as die naaswenners gekroon is en gekwalifiseer het om aan nie nasionale kampioenskappe op 28 en 29 Julie deel te neem.

“Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die groep meisies hierdie fantastiese prestasie behaal. Die span het ook in 2016 die Oos-Kaap by die nasionale netbalkampioenskappe verteenwoordig,” sê Brummer.

Hiermee saam is daar egter baie finansiële uitdagings. Daarom word daar verskeie fonds-insamelingsprojekte gehou om dit vir die spelers moontlik te maak om by die nasionale kampioenskappe deel te neem.

Op Woensdag, 28 Junie bied Panarottis op Despatch die span die kans om fondse in te samel, wanneer die netbalspelers as kelnerinne gaan werk en op Sondag, 2 Julie sal hul ‘n stalletjie beman by die Uitenhage Mark langs Willowdam.

“Ons versoek die gemeenskap vriendelik om ons te ondersteun. Indien enige instansie ook bydraes wil lewer kan hul die skool kontak. Baie dankie vir bydraes wat ons reeds ontvang het,” sê Brummer.

Die span se ander afrigters is Surika Pienaar en Chantelle van Rensburg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.