Sosiale media eiendom-impak

2018-05-24 06:00

PERSEPSIES van plekke word beïnvloed deur die manier hoe dit in die media uitgebeeld word.

Eiendomsnavorsers Carroll en McCombs het gevind dat hoe meer positiewe nuusdekking ’n eiendom geniet, hoe meer positief is die publiek se persepsie.

Sosiale media beïnvloed dus die publiek se perspesie van stede, woonbuurte of areas. Kan gesprekke op sosiale media dus ’n invloed op eiendomspryse hê?

Paul Stevens, die hoof uitvoerende beampte van Just Property sê dat sosiale media beslis ’n impak het.

“Hierdie is ’n bron wat onderbenut word om die vraag na eiendom te dryf en dus die waarde van jou eiendom verhoog. Dit is ook iets wat die gewone man en vrou op straat kan beïnvloed, in teenstelling met fiskale besluite,” sê Stevens.

Verlede jaar het Business Tech beraam dat 16-miljoen Suid-Afrikaners van Facebook gebruik maak.

Sosiale media versterk gemeenskapsgroepe, byvoorbeeld ’n nuwe intrekker wat op sosiale media vra watter nabye skool bes gepas sal wees vir haar kind?

Indien die oorweldigende reaksies van moeders wat in die area woon ’n spesifieke skool begunstig en die skool se akademiese, kulturele en sport prestasies verkondig, dan sal daardie skool se beeld in die oë van ander lede aansienlik styg.

Wat nie so oënskynlik is nie, sê Stevens, is dat die area ook bemark word.

Al die ouers wat aan die groep behoort besef dat daar ’n uistekende skool in hul gebied is. Dit word al meer aantreklik en wens-lik vir hulle.

Soortgelyk sal ’n entoesiastiese buurtwag WhatsApp-groep en/of Facebook gemeenskapsblad vir ’n spesifieke residentiële nodus ’n sterk gevoel van beskerming en aanvaarding tussen inwoners aanmoedig.

En terwyl so ’n forum natuurlik misdaad in die gebied sal bespreek, sal hul suksesse om misdaad te stuit verkondig word. Hierdie op sy beurt projekteer die beeld dat die gemeenskap beheer geneem het.

Sekuriteitsmaatskappye word tot hoër standaarde gehou deur die druk van die ge-talle, buurtwagpatrollies word organiseer, fondse word ingesamel vir die installasie van kameras, en dit word ’n selfvervulende profesie. Die area is inderdaad veiliger. Woord daarvan word versprei, en die nodus se reputasie word bevorder.

Dit is dus nie verbasend om te hoor dat indien ’n area meer aanloklik word, dat huispryse dan ook verbeter nie.

Aktiwiteite soos hierdie verander sentimente en persepsies, wat die woonbuurt meer aanloklik maak vir persone wat deur leefstyl-faktore gemotiveer word.

“Eienaars van eiendom het enorme krag in hul hande en op hul fone!” sê Stevens.

-JUST PROPERTY

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.