Spanne steeds besig om brande te blus

2017-06-15 06:01
Tot op hede het 12 huise op plase en kleinhoewes in die omgewing afgebrand. Hier is Gary Corson by sy motor wat deur die verwoestende veldbrande vernietig is. Foto: Werner Hills

Tot op hede het 12 huise op plase en kleinhoewes in die omgewing afgebrand. Hier is Gary Corson by sy motor wat deur die verwoestende veldbrande vernietig is. Foto: Werner Hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Terwyl brandbestryders probeer om die laaste vlamme in die Longmore-woud naby Thornhill en in dele van Nelson Mandelabaai te blus, bereken munisipaliteite die skade wat die afgelope week in die streek deur brande berokken is.

Teen Dinsdag laatmiddag was brandbestryders steeds in die woud om nuwe brande wat ontstaan, vinnig in die kiem te smoor, terwyl spanne ook in die Rocklands- en Van Stadensrivier-gebiede by Port Elizabeth bedrywig was.

“Die spanne werk hard om te verseker dat al die brande geblus word, aangesien sterk winde weer van Donderdag voorspel word,” het Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder in Nelson Mandelabaai, gesê.

Aangesien die metro se spanne steeds die brande bestry, het hulle nog nie die skade begin bereken nie, sê Mniki.

Die Kouga-munisipaliteit, wat homself Maandag op ’n spesiale raadsvergadering tot rampgebied verklaar het, het egter met dié berekeninge begin.

“Daar is mense wat met feitlik niks gelaat is nie,” het Elza van Lingen, burgemeester van die Kouga-munisipaliteit wat Thornhill insluit, in ’n verklaring gesê.

“Die departement van maatskaplike ontwikkeling ondersoek hoeveel gesinne haweloos is, en die volle skade moet nog bepaal word, maar dit blyk dat nagenoeg 12 huise op plase en kleinhoewes in die omgewing afgebrand het.”

Myrna en Walter van der Riet het die naweek gesterf in ’n brand op hul plaas, Langlaagte.

Nagenoeg 60% van die Woodridge College in Thornhill se geboue het brandskade gely, met Paul Lynch, adjunkvoorsitter van die skool se beheerraad, wat skat dit sal “minstens ’n jaar” neem om herstelwerk hier te voltooi.

Ook ’n saagmeule van die maatskappy MTO Forestry, het in Longmore afgebrand. Dié maatskappy het ’n “reuse-taak” wat voorlê, het Lawrence Polkinghorne, uitvoerende hoof van MTO, gesê.

“Die rook het nou eers gaan lê, so ons moet nog die skade assesseer,” sê Polkinghorne.

“Minstens 50% van die plantasie het afgebrand en die saagmeule ook. Dit is ’n verwoestende verlies, maar ons sal ons bes doen en met die massiewe herbou-proses begin.”

Die eerste prioriteit was egter om te sorg dat die brande wat steeds plek-plek opvlam, geblus word, het hy gesê.

Volgens Van Lingen se verklaring was nagenoeg 120 brandbestryders, waarvan 50 ontplooi is deur die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit, Dinsdag in die gebied om nuwe brande te verhoed.

“ ’n Versoek is ook deur die gesamentlike bedryfsentrum – wat bestaan uit verteenwoordigers van Kouga, die Nelson Mandelabaai-metro en die polisie – aan die nasionale weermag gerig, om helikopters te verskaf wat water kan stort op brande wat dalk in die streek opvlam.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.