SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

2020-03-19 06:03

NÁ deeglike oorweging het die direksie en bestuur van die SPAR Kirkwood Wildsfees besluit om nié die 2020-fees weens die wêreldwye uitbreek van die COVID19-virus aan te bied nie “Maar wees gerus, ons het reeds ons datums en planne in plek vir volgende jaar se SPAR Kirkwood Wildsfees wat oor die naweek van 25 – 27 Junie aangebied sal word,” sê Jenni Honsbein, feesdirekteur.

“Dit was n baie moeilike besluit om te neem,” sê Paul Marais, voorsitter van die Wildsfees.

“Hoewel die Wildsfees se beplande datums buite die periode van pres. Cyril Rampahosa se verbod op openbare samekomste val, is besluit dat die aanbieding van die 2020-Wildsfees ‘n te groot risiko vir te veel mense sal inhou.

“Dit sluit in die duisende werkers wat in een van die beste sitrusproduksiejare nog, die vrugte moet pluk en verpak.

“Ons borge het volle begrip vir ons besluit en ondersteun dit ook. Talle het hulle al verbind tot die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees,” voeg Marais by.

“As naamborg van die SPAR Kirkwood Wildsfees, ondersteun ons die kansellasie van die 2020 Wildsfees ten volle,” sê Alan Stapleton: aankopebestuurder nie-bederfbares, borgskappe en geleenthede van SPAR Oos-Kaap.

“Hoewel die Wildsfees baie belangrik is vir die Kirkwood-gemeenskap, is die risiko net te hoog vir alle rolspelers - die kunstenaars, stalletjiehouers, diensverskaffers, feesgangers, en vele meer - om daarmee voort te gaan.

“Ons prys die feesbestuur vir hul toewyding om ‘n wen-wen-situasie vir almal te probeer skep.

“Kom ons bly almal positief onder die huidige omstandighede met die wete dat ook dié krisis verby sal gaan en dat die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees nóg groter en beter as ooit tevore sal wees,” sê Stapleton.

Volgens Marais het die Wildsfees, in trotse gemeenskapsbesit, genoeg geldelike reserwes opgebou, juis om dit deur ‘n uitdagende periode te kan neem.

“Ons kon dit doen omdat die Wildsfees, as ‘n nie-winsgewende organisasie, se fokus op volhoubaarheid en die beste belang vir die inwoners van die Sondagsriviervallei is,” sê Marais.

Omdat die meeste van die kunstenaars, wat al lankal vir die fees bespreek is, ‘n uit- dagende jaar tegemoet gaan, het die Wildsfees-bestuur besluit dat hierdie kunstenaars die deposito’s kan hou wat reeds aan hulle betaal is. Die enigste voorwaarde hieraan verbonde is dat hulle ‘n nuwe kontrak vir hul optrede vir 2021 se Wildsfees moet onderteken.

Net so sal daar aan stalletjie-eienaars, wat reeds hul deposito’s betaal het, die opsie gegee word om hul deposito (minus BTW) terug te kry, of om hul bespreking vir 2021 se Wildsfees teen dieselfde koste as dié van 2020 te hou.

“Hierdeur is dit n wen-wen situasie vir almal. Ons vertrou dat die gasvryheidsbedryf van die Sondagsriviervallei en Addo die nodige insig vir die groter prentjie sal toon en óf die deposito’s op besprekings vir verblyf sal terugbetaal, óf om dié besprekings na volgende jaar oor te dra,” sê Marais.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.