Spoggerige ‘trok’ - kragtigste Amarok

2018-01-25 06:00
=Amarok V6 Extreme is ’n sjarmante metgesel om nuwe horisonne te verken.          REGS: Die driedimensionele hoë definisie multifunksionele raakskerm.    Fotos:HEILIE COMBRINCK

=Amarok V6 Extreme is ’n sjarmante metgesel om nuwe horisonne te verken. REGS: Die driedimensionele hoë definisie multifunksionele raakskerm. Fotos:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar is bakkies en lorries en dan kry mens die Amatrok ...

Dit is nou die Amarok 3.0 TDI V6 Extreme, enig in sy soort in die Suid-Afrikaanse bakkiemark. Die kragtigste, mees luukse, veelsydigste en vinnigste dubbelkajuit.

Van die Baai tot in Diaz se kaai en anderkant uit op kronkelpaaie deur Botelierskop. Bo-oor die Kouga-berge tot doer diep teen die Baviaans ... op hierdie paaie was dié Amaroktrok ‘n sjarmante metgesel om nuwe horisonne te verken.

Ekstra perde

Rofry, soos op rowwe grondpaaie na Botelierskop en in die Baviaans is nou nie iets wat ‘n mens met hierdie bakkie doen nie.

Daarvoor is hy veels te spoggerig én duur. Maar die 6-silinder turbodiesel met sy 8-spoed outomatiese ratkas kan dit doen as dit moet - en in styl.

In bakkiekringe was daar gesê die Amarok kort krag, wel, hierdie V6 Extreme se perde onder die enjinkap spog met 165kW (55Nm). Dit is nie waar dit ophou nie, hy het ook ‘n 10 sekonde ekstra skop tot by 180Kw vir wanneer dit nodig is.

Pasop, hierdie bakkie is vinnig! Dié einste ekstra perde jaag die spoedmeter gou tot diep duskant groot moeilikheid met spoedkameras.

Stil & sterk ratwisseling

Nog ‘n pluimpie vir dié Amarok wat in Argentinië vervaardig word, is die opsie om die ratkas te kombineer met die permanente 4Motion all wheel drive.

Sy eerste rat is sterk en bring veral ge-moedsrus op die benoude steil kronkel-berggrondpaaie se op- en afdraendes. As die Amarok se veldrit-skakelaar geaktiveer word, hou hy sy ratoorskakeling slim berekend terug.

By skerp afdraendes is daar ‘n Hill Descent kontrole vir traksiebeheer wat die ABS remstelsel aktiveer om seker te maak die wiele trap vas waar dit nodig is.

Sy agtste rat gee optimale brandstofbesparing wanneer dit teen ‘n konstante gemiddelde spoed plein op die langpad.

Al wat tydens die toetsrit gepla het, was dat die bakkie se agterkant ietwat loslyf raak en gatswaai op sinkplaat grondpaaie.

Spoggerige bakwerk

Die Amarok Extreme se spoggerige sportiewe voorkoms laat hom letterlik kop en skouers uitstaan tussen sy mededingers - as die grootste in sy mark wanneer dit kom by binneruim en bakwerk-dimensies.

Sy herontwerpte voorbuffer, rooster, ‘n derde remlig en nuwe allooiwielontwerp lyk baie goed.

Binne is die Nappa-leersitplekke met hul 14-verstellings (voorste sitplekke) vrek luuks en dit is die enigste bakkie in die Suid- Afrikaanse mark wat so toegerus is.

Op die multifunksionele stuurwiel is daar skakels om jou rit te monitor en op die drie- dimensionele hoë definisie multifunksionele raakskerm kan jy sy werkverrigting dophou. Die klankstelsel is indrukwekkend.

Rygemak

Die Amarok Extreme se gemiddelde brandstofverbruik tydens die toetsrit - wat die oop pad, stadsverkeer en rowwe grondpaaie sowel as wilde bergpasse insluit - was 9.2 liter/100 km. Dan moet ek bieg, my voet was dikwels diep in die hoek, want sjoe ... die diep grom van sy turbodiesel is mooi op die oor en sy spoed en krag laat die adrenalien bruis!

  • Dié Amarok 3.0 TDI VW Extreme se standaardprys is R778 900.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Keep your family and pets safe from rabies

The recent outbreak of rabies in South Africa has brought to light how terrible this disease is and how as pet parents we need to be vigilant to keep our families safe.

 

Paws

5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.