Sportgeriewe na rugbyhelde vernoem

2016-03-10 06:00
=Voormalige Springbok-rugbyspeler, afrigter en oud-skolier, Rassie Erasmus (naaslinks) knip die lint tydens die vernoeming van Hoërskool Despatch se pawiljoen na hom. By hom is (van links) Stelmari Grigor (onderhoofdogter), skoolhoof Colin Bartle, Danie Gerber óók ’n voormalige Springbok-rugbyspeler en oud-skolier en Monique van Willing (hoofdogter).      Foto: VERSKAF

=Voormalige Springbok-rugbyspeler, afrigter en oud-skolier, Rassie Erasmus (naaslinks) knip die lint tydens die vernoeming van Hoërskool Despatch se pawiljoen na hom. By hom is (van links) Stelmari Grigor (onderhoofdogter), skoolhoof Colin Bartle, Danie Gerber óók ’n voormalige Springbok-rugbyspeler en oud-skolier en Monique van Willing (hoofdogter). Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hoërskool Despatch het vanjaar besluit om oudskoliere Danie Gerber en Johan “Rassie” Erasmus te vereer deur die sport terrein en pawiljoen na hulle te vernoem.

Danie Gerber het vier jaar lank vir Hoërskool Despatch se eerste rugbyspan gespeel en in 1977 sy skoolloopbaan hier voltooi. Hy het 3 jaar vir Cravenweek-spanne uitgedraf en ook 3 jaar vir SA Skole gespeel. In sy laaste skooljaar was hy kaptein van die SA Skole-rugbyspan.

Gerber vertel dat die hoofseun van daardie jare hom op sy eerste skooldag gevra het om saam te gaan rugby oefen. In die eerste 20 minute van die oefening het hy vier drieë gedruk en sommer dadelik in die o.14A-span opgeneem. Die res is geskiedenis.

Gerber het 24 toetse vir Suid-Afrika gespeel oor ‘n tydperk van 12 jaar. Hy het 115 wedstryde vir die OP, 40 vir die WP en 24 vir die Vrystaat gespeel. Hy is een van die beste senters van alle tye.

Rassie Erasmus was vanaf 1986-1990 by Hoërskool Despatch op die banke en het vir die eerste-rugbyspan vanaf 1988-1990 gespeel.

Vanaf 1997 tot 2011 het hy in 36 toetse vir die Springbokke uitgedraf. Hy het ook die voorreg gehad om SA tydens die 1999 Wêreldbeker te verteenwoordig.

Deesdae is Erasmus sowel as Gerber betrokke by afrigting waar hulle hul kennis en ondervinding terugploeg.

Erasmus se raad aan die jongmense van vandag is om jou te omring met “goeie pelle” wat jou ondersteun, opbou, en in jou glo.

Dit is vir Erasmus en Gerber beide ‘n groot eer dat die sportgronde en pawiljoen na hulle vernoem is. Die twee het gedurigdeur tydens die vernoeming met mekaar geskerts en hulle was beslis vir elke Despatch-leerder ‘n groot inspirasie.

Die skool se jaarlikse sportfees word hierdie naweek, vir die eerste keer op die Danie Gerber sportterrein aangebied, met toeskouers van 32 skole wat op die Rassie Erasmus Pawiljoen sal sit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.