Spur sê ‘jammer’

2017-06-29 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In ’n dramatiese ommeswaai in die maande lange Spur-krisis is die werk van ’n omstrede ondersoekpaneel laat vaar en is daar onder sterk druk van ’n groep Spur-eienaars – wat sowat 150 van die net meer as 300 re­staurante besit – besluit om op ’n landwye “luistertoer” te gaan.

Die eienaar van Uitenhage se Wild Rapids Spur, Pieter Kruger het eerste namens 200 konsessiehouers (franchisees) sy ontevredenheid teenoor Spur-hoofkantoor uitge-spreek oor hoe die Spur-herrie hanteer is.

“Ons het teen die hoofkantoor se hantering van die kwessie opgestaan en is bly dat hulle met ons saamstem dat ’n ander manier van doen nodig is,” sê Piet Kruger, wat na dese op ’n paneel dien om insae te lewer met operasionele kwessies.

Die herrie het in Maart ontstaan toe ’n man in die Texamo Spur in Johannesburg gedreig het om ’n vrou aan te rand.

Hy het beweer haar kind het sy kind geklap.

Spur het die vrou daarna om verskoning gevra en die man sy restaurante verbied.

Heelwat Spur-eienaars meen hulle is sedertdien die teiken van ’n gemeenskapsboikot, veral in oorwegend Afrikaanse plattelandse gebiede. Dit het hul omset erg laat daal.

“Mense is nogsteeds kwaad oor Spur se hantering van die herrie.

“Maar wat hulle nie in gedagte hou nie is dat die bestuur van die betrokke Spur waar die insident plaasgevind het, in die eerste plek nie die saak reg hanteer het nie.

“Konfliksituasies gebeur. Dit is nou maar hoe mense is, maar dit is bepalend hóé die bestuur dit hanteer en beredder,” sê Kruger.

.Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur, het Maandag in ’n ver-klaring die volgende stappe aangekondig: Spur-eienaars word om verskoning gevra. “Ons neem kennis dat die eienaars nou onder druk verkeer hoewel hulle niks verkeerds gedoen het nie.

. “Spur sal hulle bystaan om die verhoudinge in hul onderskeie gemeenskappe te herstel.” Die reaksie van die publiek en insette op grondvlak het die groep laat besluit om die paneel se werk voorlopig stop te sit.

.“Ons is daarvan oortuig dat dit van groter waarde is om na die ons eienaars en die publiek – ons klante – te luister. Vandaar die landwye toer.”

Nadat alle inligting versamel is, sal ’n paneel dit evalu-eer en aanbevelings doen.

’n Aanlyn opname gaan ook onder Spur-familiekaarthouers gedoen word.

Spesiale vergaderings met ­lede van die publiek en eienaars gaan ook in restaurante landwyd gehou word. Die groep vra “enige persoon of gemeenskap wat aanstoot geneem het oor ons optrede” om verskoning.

Spur sal ook in die toekoms verseker dat ’n regverdige ondersoek ingestel word “voordat enige oordeel gevel of uitspraak gemaak word”.

Spur wil nie in politieke debatte betrokke raak nie en “lesse wat uit die voorval geleer is”, sal tot ’n nuwe benadering lei.

Dr. Dirk Hermann, be-dryfshoof van Solidariteit, sê Spur se besluit om ’n luistertoer te hou, “is ’n groot stap vorentoe vir konsessiehouers, personeellede en klante”.

Hermann, wat self in ’n openbare diskoers met Van Tonder betrokke was, sê klante het die laaste tyd gemeen Spur luister nie na hulle nie.

Hulle wil gehoor word. Spur is ’n gesinsrestaurant en gesinslede luister na mekaar.

Volgens hom moet ’n pad nog geloop word, maar hy moedig die publiek aan om aan die gesprekke deel te neem.

Die toets gaan wees of die bestuur luister en ’n veilige omgewing vir gesinne skep.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.